한국   대만   중국   일본 
Miltsiekte - Wikipedia Gaan na inhoud

Miltsiekte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Antraks )
’n Velletsel wat deur miltsiekte veroorsaak word; die kenmerkende swart roof.

Miltsiekte ( antraks ) is 'n infeksie wat veroorsaak word deur die bakterie Bacillus anthracis . [1] Dit kan in vier vorme voorkom: vel, longe, derm en inspuiting. [2] Simptome begin tussen een dag tot meer as twee maande nadat die infeksie opgedoen is. [3] Die velvorm het 'n klein blaas met omliggende swelling wat dikwels in 'n pynlose ulkus met 'n swart senter verander. [3] Die inaseming vorm presenteer met koors , borspyn, en kortasem. [3] Die dermvorm vertoon met diarree wat bloed , buikpyne, naarheid en braking kan bevat. [3] Die inspuitingvorm vertoon koors en 'n abses op die plek van inspuiting. [3]

Miltsiekte word versprei deur kontak met die bakterie se spore, wat dikwels in aansteeklike diereprodukte voorkom. [4] Kontak is deur asem te haal, te eet, of deur 'n area van gebreekte vel. [4] Dit versprei nie tipies direk tussen mense nie. [4] Risikofaktore sluit in mense wat met diere of diereprodukte werk, reisigers, poswerkers en militere personeel. [5] Diagnose kan bevestig word deur teenliggaampies of die toksien in die bloed te vind of deur 'n monster van die besmette plek te kweek. [6]

Miltsiekte- inenting word aanbeveel vir mense wat 'n hoe risiko van infeksie het. [5] Die immunisering van diere teen miltsiekte word aanbeveel in gebiede waar vorige infeksies voorgekom het. [4] 'n Twee maande lange kursus van antibiotika soos siprofloksasien, levofloksasien en doksisiklien na blootstelling kan ook infeksie voorkom. [7] As infeksie voorkom, is behandeling met antibiotika en moontlik antitoksien. [8] Die tipe en aantal antibiotika wat gebruik word, hang af van die tipe infeksie. [7] Antitoksien word aanbeveel vir diegene met wydverspreide infeksie. [7]

Alhoewel 'n seldsame siekte is, is menslike miltsiekte, wanneer dit wel voorkom, die algemeenste in Afrika en Sentraal- en Suider-Asie. [9] Dit kom ook meer gereeld in Suid-Europa as elders op die vasteland voor, en is ongewoon in Noord-Europa en Noord-Amerika . [10] Wereldwyd kom minstens 2 000 gevalle per jaar voor met ongeveer twee gevalle per jaar in die Verenigde State . [11] [12] Velinfeksies verteenwoordig meer as 95% van gevalle. [13] Sonder behandeling is die risiko van dood as gevolg van vel miltsiekte 24%. [7] Vir derminfeksie is die risiko van dood 25 tot 75%, terwyl respiratoriese miltsiekte 'n mortaliteit van 50 tot 80% het, selfs met behandeling. [7] [13] Tot die 20ste eeu het miltsiekte infeksies honderdduisende mense en diere elke jaar doodgemaak. [14] Miltsiekte is deur 'n aantal lande as 'n wapen ontwikkel . [13] By plantvretende diere vind infeksie plaas wanneer hulle die spore eet of inasem terwyl hulle wei. [9] Diere kan besmet raak deur besmette diere te eet. [9]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Basic Information What is anthrax?" . CDC . 1 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2016 . Besoek op 14 Mei 2016 .
  2. "Types of Anthrax" . CDC . 21 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016 . Besoek op 14 Mei 2016 .
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 "Symptoms" . CDC . 23 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016 . Besoek op 14 Mei 2016 .
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 "How People Are Infected" . CDC . 1 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2016 . Besoek op 14 Mei 2016 .
  5. 5,0 5,1 "Who Is at Risk" . CDC . 1 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016 . Besoek op 14 Mei 2016 .
  6. "Diagnosis" . CDC . 1 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016 . Besoek op 14 Mei 2016 .
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 Hendricks, KA; Wright, ME; Shadomy, SV; Bradley, JS; Morrow, MG; Pavia, AT; Rubinstein, E; Holty, JE; Messonnier, NE; Smith, TL; Pesik, N; Treadwell, TA; Bower, WA; Workgroup on Anthrax Clinical, Guidelines (Februarie 2014). "Centers for disease control and prevention expert panel meetings on prevention and treatment of anthrax in adults" . Emerging Infectious Diseases . 20 (2). doi : 10.3201/eid2002.130687 . PMC   3901462 . PMID   24447897 .
  8. "Treatment" . CDC . 14 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2016 . Besoek op 14 Mei 2016 .
  9. 9,0 9,1 9,2 Turnbull, Peter (2008). Anthrax in humans and animals (PDF) (4 uitg.). Geneva, Switzerland: World Health Organization. pp. 20, 36. ISBN   9789241547536 . Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 November 2016.
  10. Schlossberg, David (2008). Clinical Infectious Disease . Cambridge University Press. p. 897. ISBN   9781139576659 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017.
  11. Anthrax: Global Status . GIDEON Informatics Inc. 2016. p. 12. ISBN   9781498808613 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017.
  12. "Anthrax" . CDC . National Center for Emerging and Zoonotic Infectious Diseases. 26 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2016 . Besoek op 14 Mei 2016 .
  13. 13,0 13,1 13,2 "Anthrax" . FDA . 17 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2016 . Besoek op 14 Meiy 2016 . {{ cite web }} : Gaan datum na in: |accessdate= ( hulp )
  14. Cherkasskiy, B. L. (1999). "A national register of historic and contemporary anthrax foci". Journal of Applied Microbiology . 87 (2): 192?195. doi : 10.1046/j.1365-2672.1999.00868.x . PMID   10475946 . S2CID   6157235 .