in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dame Angela Brigid Lansbury
,
DBE
(
16 Oktober
1925
tot
11 Oktober
2022
) was ’n
Brits-Iers
[1]
-
Amerikaanse
aktrise
en
sangeres
wat in die teater, op televisie en in rolprente te sien was. Haar loopbaan strek oor sewe dekades en sy het internasionaal beroemd geraak.
Haar eerste rolprentrolle was in
Gaslight
(1944) en
The Picture of Dorian Gray
(1945). In die musiekteater het sy in 1966 bekend geraak vir haar hoofrol in die
Broadway
-musiekstuk
Mame
, waarvoor sy ’n rits pryse gewen het. Sy sal ook veral onthou word vir die TV-reeks
Murder, She Wrote
(1984?1996).
Lansbury het ’n ere-
Oscar
gekry en het vyf Tony's, ses
Golden Globes
en ’n Olivier-prys gewen. Drie biografiee is oor haar geskryf.