Angel-val
Angel-val
Die
Angel-val
[1]
of
Angel Falls
(
en
)
[2]
(
Spaans
:
Salto Angel
, soms met die inheemse naam
Kerepakupai meru
aangedui) is die hoogste vryvallende
waterval
ter wereld. Die waterval is 979 meter hoog en is in die suidooste van
Venezuela
gelee. Dit is na die "ontdekker" daarvan, Jimmie Angel, genoem.
Die waterval is in 'n naamlose sytak van die Caroni-rivier in die Canaima Nasionale Park in Venezuela gelee. In die omgewing is hooggelee rotsplato's (wat plaaslik
tepui's
genoem word) met 'n besonder kenmerkende fauna en flora. Die baie reen wat in hierdie tropiese gebied val vloei deur verskeie ondergrondse grotte na die kant van die plato.
Hoewel die val al in die 20ste eeu deur die verkenner Ernesto de Santa Cruz gesien is, word die amptelike ontdekking daarvan in die Westerse Wereld aan die Amerikaanse avonturier-vlieenier Angel toegeskryf, wat met sy
vliegtuig
na
goud
opsoek was, en 'n noodlanding daar naby moes maak. Angel is in 1899 in Springfield in
Missouri
gebore.
Die hoogte van die waterval is in 1949 deur 'n ekspedisie van die
National Geographic Society
vasgestel. Hieroor skryf Ruth Robinson die artikel
Jungle Journey to the World's Highest Waterfall
.
In die boek
Angels Four
beskryf David Mott die eerste suksesvolle bestyging van Auyan-tepui (Duiwelsberg) na die bokant van die waterval. Die waterval is Venezuela se bekendste toeriste-aantreklikheid.
05°58′02″N
62°31′48″W
/
5.96722°N 62.53000°W
/
5.96722; -62.53000