한국   대만   중국   일본 
Android - Wikipedia Gaan na inhoud

Android

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Android
Be together. Not the same.
Android 14

Ontwikkelaar Google
Open Handset Alliance
Aanvanklike vrystelling 23 September 2008 [1]
Nuutste weergawe 11/ 8 September 2020
Nuutste betaweergawe Android 11 Beta 3 [2] / 6 Augustus 2020
Programmeertaal C (core), C++, Java (UI) [3]
Platform 32-bit en 64-bit ARM, MIPS, [4] x86, [5] x86-64
Beskikbaar in Veeltalig (100+ tale, insluitende Afrikaans )
Lisensie Apache License 2.0
gemodifiseerde Linux kernel onder GNU GPL v2 [6]
Webblad www.android.com

Android [?ænd???d] is 'n oopbron -bedryfstelsel en sagteware-platform vir mobiele toestelle soos slimfone , selfone , mediaspelers, netboeke en tabletrekenaars wat deur die Open Handset Alliance ontwikkel word, 'n konsortium van 84 ondernemings uit die inligtingstegnologie- en telekommunikasiebedryf wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle en wat deur die Amerikaanse maatskappy Google in die lewe geroep is. [7] [8] Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van die IT-maatskappy Android Inc wat in 2005 deur Google uitgekoop is.

Die Android-bedryfstelsel is gebaseer op Linux en dit word vrygestel onder die Apache-lisensie. Die vervaardigers van selfone wat van Android gebruik maak, is onder andere Motorola, HTC, Huawei, Samsung en LG.

Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone . Die bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Announcing the Android 1.0 SDK, release 1" (in Engels). 9 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2016 . Besoek op 5 Desember 2014 .
  2. PressReader.com - Die Burger, 17 Junie 2020: Android 11 nou hier - maar nog net vir die fone. Besoek op 19 Julie 2020
  3. ( en ) "Android Code Analysis" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018 . Besoek op 5 Desember 2014 .
  4. ( en ) "MIPS gets sweet with Honeycomb" . Eetimes.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2012 . Besoek op 5 Desember 2014 .
  5. Shah, Agam (1 Desember 2011). "Google's Android 4.0 ported to x86 processors" . Computerworld (in Engels). International Data Group. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2014 . Besoek op 5 Desember 2014 .
  6. "Licenses" . Android Open Source Project. (in Engels). Open Handset Alliance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015 . Besoek op 5 Desember 2014 .
  7. "Open Handset Alliance" (in Engels). Open Handset Alliance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020 . Besoek op 6 November 2007 .
  8. Jackson, Rob (10 Desember 2008). "Sony Ericsson, HTC Androids Set For Summer 2009" . Android Phone Fans (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020 . Besoek op 3 September 2009 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Wiki-webtuistes

Amptelike Android-webtuiste (bedryfstelsel & toestelle)