Andes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nasa -kaart van die Andes
Die Andes in Santiago de Chile , Chili
Cono de Arita in Salta, Argentinie

Die Andesgebergte ( Spaans : Cordillera de los Andes ) is 'n groot, lang bergreeks aan die weskus van Suid-Amerika . Dit is ongeveer 7 000 km lank en op plekke tot 160 km breed. Die gemiddelde hoogte van die bergreeks is ongeveer 4 000 meter en die hoogste punt is Aconcagua met 6 962 meter in Argentinie naby die grens met Chili , gevolg deur Ojos del Salado (6 893 m).

Die Andes loop vir die grootste deel parallel met die Stille Oseaan deur die lande Venezuela , Colombia , Ecuador , Peru , Bolivie en die suidelike deel loop deur Argentinie en die lang en smal land Chili. Die mees suidelike punt is by Tierra del Fuego .

Tot die Spaanse verowering in 1533 onder Francisco Pizarro het die magtige Inka -ryk 'n belangrike rol in die streek gespeel. Die naam van die Andes is waarskynlik afgelei van die Quechua -woord anti , wat "ooste" beteken. [1]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( es ) Teofilo Laime Ajacopa, Diccionario Bilingue Iskay simipi yuyayk'ancha, La Paz, 2007 (Quechua-Spaanse woordeboek)

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Andes .
  • ( en ) "Andes Mountains" . Encyclopædia Britannica . Besoek op 16 Junie 2018 .