'n
Anachronisme
is iets wat nie heeltemaal in sy tyd pas nie of, meer presies geformuleer: iets wat 'n onvanpaste breek maak in die chronologiese samehang van toestande of gebeurtenisse. 'n Anachronisme kan bestaan uit 'n onjuiste tydsplasing van begrippe, persone, gebeurtenisse, voorwerpe, gebruike, uitdrukkings, woorde, gebruikte tegnologie, (wysgerige) opvattings, musiek, kleding, materiale, plante en diere ? alles wat in verband gebring kan word met 'n bepaalde tyd.
Die verplasing kan twee kante he: iets word gebruik in 'n tydvak waarin dit nog nie bestaan het nie (byvoorbeeld 'n
fiets
in die
middeleeue
) of in 'n tydvak waarin dit juis nie meer algemeen gebruik word nie ('n musiekkasset in die huidige tydvak).
Metonimies
(naamsverwisseling. < Oudgrieks μετωνυμ?α, metonumia < μετ?, "saam met", en ?νυμα, "naam") gesien is 'n anachronisme die genoemde begrip of voorwerp self.
Vorme van anachronismes
[
wysig
|
wysig bron
]
'n Prochronisme is die plasing van 'n gebeurtenis, voorwerp of konsep voor die teenswoordige tyd (die voorwerp is nog nie uitgevind nie, 'n uitdrukking was nog nie in gebruik nie, die ideologie het nog nie bestaan nie, die tegnologie het nog nie bestaan nie). Voorbeelde hiervan is:
- 'n Middeleeuse ridder kyk na sy horlosie, luister na Mozart en se "oukei".
- 'n Sewentiende-eeuse skildery bevat Bybelse karakters in sewentiende-eeuse kleredrag.
- Die verwysing na 'n sewentiende-eeuse skrywer as 'n "feminis" (wel kan die toevoeging "avant la lettre", "voordat hierdie konsep bestaan", gebruik word).
'n "Western" wat in
1870
afspeel gebruik 'n wapen wat destyds nie bestaan het nie (soos die Winchester 1873-geweer).
'n Parachronisme is 'n gebeurtenis, voorwerp of konsep wat te laat geplaas word (dit is lank reeds agterhaald, outyds of oudmodies, nie meer van toepassing nie, skaars of nie meer in gebruik nie). 'n Voorbeeld hiervan is:
- In 'n rolprent word 'n hedendaagse huisvrou uitgebeeld wat haar wasgoed met 'n wasbord was in plaas van 'n wasmasjien.
Anachronisme as artistieke uiting
[
wysig
|
wysig bron
]
In kunsvorme soos die
teater
of die
prosa
word anachronismes sigbaar wanneer die kunstenaar elemente invoeg wat nie behoort tot die historiese tyd waarin die toneelstuk of verhaal afspeel nie. Dit kan gebaseer wees op 'n fout ('n skrywer laat 'n elektriese straatlamp brand in 'n roman wat aan die begin van die 19de eeu afspeel), maar dit kan ook 'n bewuste manipulasie van tyd wees. Byvoorbeeld, in 'n moderne opvoering van die
operas
van
Mozart
uit die 18de eeu word 'n motor of 'n bromponie gebruik. Die bedoeling van die regisseur kan wees om die historiese verhaal aan te pas by die moderne kyker se milieu. Die effek van sulke anachronismes is soms vergelykbaar met wat
Bertolt Brecht
die
Verfremdungseffekt
noem: die kyker (of leser) ervaar 'n breek met die logiese verloop van sake en word aangemoedig om bewustelik na te dink oor wat hy sien.
[1]
[2]
Anachronisme as humoristiese element
[
wysig
|
wysig bron
]
'n Komiese effek kan ook bewerkstellig word deur 'n anachronisme. Die
strokiesprent
Asterix
vermeng in elke verhaal verskeie anachronismes. Die animasiereeks
The Flintstones
speel af tydens prehistoriese tye, maar maak gebruik van verskeie uitvindings uit die 20ste eeu, meestal in die vorm van diere (byvoorbeeld 'n dwergolifant as stofsuier).
- adaptasie
- In sommige gevalle word outydse toneelstukke of prosatekste aangepas by die moderne smaak; ons praat dan van adaptasie.
- anatopisme
- By 'n anatopisme gebeur ongeveer dieselfde. In hierdie geval word gebeurtenisse wat nie op dieselfde plek plaasgevind het nie saamgevoeg, soos in
Timmermans
se "Het kindeken Jezus in Vlaanderen
.
Die term word ook gebruik in verband met die
taal
- en
sielkunde
.