in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- Hierdie artikel handel oor die stad in
Nederland
. Vir die artikel oor die gelyknamige Suid-Afrikaanse dorp, sien
Amersfoort, Mpumalanga
.
Amersfoort
is op een na die grootste
stad
van die
Nederlandse
provinsie
Utrecht
. Die munisipaliteit het sowat 145 000 inwoners (2010). Amersfoort is aan die
Eemrivier
gelee.
Teen die begin van die
19e eeu
het Amersfoort maar nog 9 000 inwoners gehad. Amersfoort het in 'n kort tydjie enorm gegroei tot die status van "groeistad". In 1970 tel die stad 75 000 inwoners en in 2008 woon daar ruim 140 000 mense in Amersfoort. Tydens 'n munisipale herindeling is die munisipaliteit
Hoogland
in sy geheel en
Leusden
en
Hoevelaken
deels deur Amersfoort geabsorbeer.
Vathorst
word in die toekoms die grootste distrik. Teen 2016 groei Amersfoort tot ongeveer 160 000 inwoners.