Beta Persei A / B / C
|
Sterrebeeld
|
Perseus
|
Spektraaltipe
|
B8V (A)
[1]
/ K0IV (B)
[2]
/ A5V (C)
|
Waarnemingsdata
(
Epog J2000
)
|
Regte klimming
|
03
h
08
m
10.1315
s
[1]
|
Deklinasie
|
+40° 57′ 20.332″
[1]
|
Skynmagnitude
(m)
|
2,12
[1]
|
B-V-kleurindeks
|
-0,05
[3]
[3]
|
U-B-kleurindeks
|
-0,37
[3]
|
Besonderhede
|
Massa
(
M
?
)
|
3,59 / 0,79 / 1,67
|
Radius (
R
?
)
|
4,13 / 3,0 / 0,9
|
Ligsterkte
(
L
?
)
|
98 / 3,4 / 4,1
|
Ouderdom (
jaar
)
|
<
3
×
10
8
|
Temperatuur
(
K
)
|
9 200
[4]
/ 4 500 / 8 500
|
Eienskappe
|
Veranderlikheid
|
Verduisterende veranderlike
|
Veelvoudigheid
|
Dubbelster
|
Ander name
|
Algol, Gorgona, Gorgonea Prima, Demon Star, El Ghoul, β Persei, β Per, Beta Per, 26 Persei, BD+40°673, FK5 111, GC 3733,
HD
19356,
HIP
14576,
HR
936, PPM 46127, SAO 45864
|
|
Algol
(ook
Beta Persei
,
β Per
of die
Duiwelster
genoem) is ’n helder
ster
in die
sterrebeeld
Perseus
. Dit is een van die bekendste
verduisterende dubbelsterre
[5]
en die eerste een wat ontdek is. Dit is ook een van die eerste
veranderlike sterre
wat nie ’n
nova
is nie wat ontdek is.
Algol is eintlik ’n driedubbele sterstelsel (Beta Persei A, B en C), waarin die groot, helder Beta Persei A gereeld deur die dowwer Beta Persei B verduister word. Dus is Algol se
skynbare magnitude
byna konstant 2,1, maar dit verdof elke 2 dae, 20 uur en 49 minute tot 3,4 tydens die rofweg 10 uur lange gedeeltelike verduisterings. Daar is ook ’n sekondere verduistering (die "tweede minimum") wanneer die helder ster voor die dowwe ster verbybeweeg. Hierdie tweede verduistering kan net foto-elektries waargeneem word.
[6]
Die klas veranderlike sterre bekend as
Algol-veranderlikes
is na die ster genoem.
Algol B wentel om Algol A. Die animasie is saamgestel met 55 beelde van die CHARA-interferometer in die
naby-infrarooi
-H-band. Omdat die beeldgehalte van sekere fases nie goed is nie, beweeg B rukkerig.
Van die
Aarde
af gesien, vorm Algol A en Algol B ’n
verduisterende dubbelster
vanwee hul wentelvlak. Algol is egter eintlik ’n driedubbele stelsel: die verduisterende paar word deur net 0,062
AE
geskei (1 AE is die afstand tussen die Aarde en die
Son
), terwyl die derde ster in die stelsel (Algol C) sowat 2,69 AE van hulle af is. Die wentelperiode van die drie sterre is 681 dae. Hul totale
massa
is sowat 5,8
sonmassas
, en die massaverhouding tussen A, B en C is sowat 4,5:1:2.
Sterre van die Algol-stelsel
Sterre
|
Semi-hoofas
|
Wentel-eksentrisiteit
|
Wentelperiode
|
Inklinasie
|
A?B
[7]
|
0,00218″
|
0,00
|
2,86736 dae
[8]
|
97,69°
|
(AB)?C
[9]
|
0,09461″
|
0,225
|
680,05 dae
|
83,98°
|
Die bestudering van Algol het gelei tot die
Algol-paradoks
in
ster-evolusie
: hoewel twee sterre in ’n dubbelstelsel op dieselfde tyd vorm en sterre met ’n groot massa se evolusie vinniger is as die met ’n kleiner massa, is opgemerk dat Algol A, wat ’n groter massa het, nog in sy
hoofreeksfase
is terwyl Algol B, wat ’n kleiner massa het, ’n
subreusester
en dus in ’n latere evolusiefase is. Die paradoks kan opgelos word met massaoordrag: B het aanvanklik die grootste massa gehad en dus het dit ’n subreus geword. Die ster het sy
Roche-lob
oorskrei en die meeste van sy massa is oorgedra aan die kleiner A, wat nog in die hoofreeks is. Dit het tot gevolg gehad dat A nou die grootste massa het. In sommige dubbelstelsels soortgelyk aan Algol kan ’n gasvloei gesien word.
[10]
Die stelsel toon ook veranderlike aktiwiteite in die vorm van
X-strale
en
radiogolf
-uitbarstings. Eersgenoemde word vermoedelik veroorsaak deur die ’n wisselwerking tussen die
magneetvelde
van A en B en die massaoordrag.
[11]
Die radiogolf-uitstralings word dalk veroorsaak deur magnetiese siklusse soortgelyk aan die van
sonvlekke
, maar omdat die magneetvelde van hierdie sterre tot 10 keer so sterk is as die van die Son, is die uitstralings kragtiger en meer gereeld.
[12]
Die sterrebeeld Perseus en Algol, die helder ster in die
Gorgo
se kop (
Johannes Hevelius
,
Uranographia
, 1690).
Algol is sowat 92,8
ligjare
van die Son af gelee, maar sowat 7,3 miljoen jaar gelede het dit binne 9,8 ligjare van die
Sonnestelsel
af verbybeweeg.
[13]
Hul
skynbare magnitude
was toe -2,5, wat heelwat helderder is as die van
Sirius
vandag. Vanwee die groot totale massa van die Algol-stelsel (5,8 sonmassas) kon die
swaartekrag
groot genoeg gewees het om die
Oort-wolk
van die Sonnestelsel te versteur en die getal
komete
na die binneste deel van die Sonnestelsel te laat toeneem. Dit sou egter in ’n klein mate gewees het.
[14]
Die ster het histories in verskeie kulture ’n sterk verbintenis met duiwels en geweld.
Die naam Algol is afgelei van die
Arabiese
??? ?????
ra's al-gh?l
: kop (ra's) van die lykverslinder (al-gh?l).
[15]
Die naam "Duiwelster" is ’n direkte vertaling daarvan.
[16]
In
Hebreeuse
folklore is Algol
R?sh ha S???n
of "Satan se Kop" genoem.
[16]
Hipparcos
en
Plinius die ouere
het dit ’n aparte
sterrebeeld
gemaak, maar wat aan Perseus verbind was.
[16]
Ptolemeus
het na Algol verwys as "die
Gorgo
van
Perseus
" en dit verbind met die dood deur onthoofding: ’n tema wat die
Griekse mite
weerspieel van die held
Perseus
se oorwinning oor die Gorgo
Medusa
toe hy haar kop afgekap het.
[17]
- ↑
1,0
1,1
1,2
1,3
"Database entry for Algol A"
.
SIMBAD Astronomical Database
(in Engels). Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016
. Besoek op
9 Februarie
2008
.
- ↑
"Database entry for Algol B"
.
SIMBAD Astronomical Database
(in Engels). Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2016
. Besoek op
9 Februarie
2008
.
- ↑
3,0
3,1
3,2
Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system".
CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues
.
2237
: 0.
Bibcode
:
2002yCat.2237....0D
.
- ↑
Rhee, Joseph H.
et al
. (Mei 2007), "Characterization of Dusty Debris Disks: The IRAS and Hipparcos Catalogs",
The Astrophysical Journal
660
(2): 1556?1571,
doi
:
10.1086/509912
,
Bibcode
:
2007ApJ...660.1556R
- ↑
Peter Mack:
Gids tot die Naghemel van Suider-Afrika
. e-Boek-uitgawe. Kaapstad: Struik Nature 2012, bl. 96
- ↑
"Beta Persei (Algol)"
(in Engels). AAVSO. Januarie 1999. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 15 Oktober 2009
. Besoek op
31 Julie
2006
.
- ↑
L. A. Molnar; R. L. Mutel (1996). "Dynamical Evolution of the Algol Triple System".
Bulletin of the American Astronomical Society
.
28
(1?2): 921.
Bibcode
:
1996AAS...188.6014M
.
- ↑
AAVSO observation data
- ↑
W.I. Hartkopf; B.D. Mason (30 Julie 2006).
"Sixth Catalog of Orbits of Visual Binary Stars"
. U.S. Naval Observatory.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2006
. Besoek op
31 Julie
2006
.
- ↑
Pustylnik, Izold (1995). "On Accretion Component of the Flare Activity in Algol".
Baltic Astronomy
.
4
(1?2): 64?78.
Bibcode
:
1995BaltA...4...64P
.
- ↑
M.J. Sarna; S.K. Yerli; A.G. Muslimov (1998). "Magnetic Activity and Evolution of Algol-type Stars ? II".
Monthly Notices of the Royal Astronomical Society
.
297
(3): 760?68.
Bibcode
:
1998MNRAS.297..760S
.
doi
:
10.1046/j.1365-8711.1998.01539.x
.
- ↑
Blue, Charles E. (3 Junie 2002).
"Binary Stars "Flare" With Predictable Cycles, Analysis of Radio Observations Reveals"
(in Engels). National Radio Astronomy Observatory.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019
. Besoek op
31 Julie
2006
.
- ↑
Garcia-Sanchez, J. (25 Augustus 1997). "A Search for Stars Passing Close to the Sun".
The First Results of Hipparcos and Tycho
, Kyoto, Japan: IAU.
- ↑
J. Garcia-Sanchez; R.A. Preston; D.L. Jones; P.R. Weissman (1999).
"Stellar Encounters with the Oort Cloud Based on Hipparcos Data"
.
The Astronomical Journal
.
117
(2): 1042?55.
Bibcode
:
1999AJ....117.1042G
.
doi
:
10.1086/300723
.
- ↑
P. Kunitzsch & T. Smart,
Short Guide to Modern Star Names and Their Derivations
(Wiesbaden: Otto Harrassowitz, 1986), p 49.
- ↑
16,0
16,1
16,2
Allen, R. H.
(1963) [1899].
Star Names: Their Lore and Meaning
(Reprint uitg.). New York: Dover Publications Inc. p. 331.
ISBN
0-486-21079-0
.
- ↑
Robbins, Frank E. (ed.) 1940.
Ptolemy: Tetrabiblos
. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press (Loeb Classical Library).
ISBN 0-674-99479-5
, IV.9, p.435.
Koordinate
:
03
h
08
m
10.1315
s
, +40° 57′ 20.332″
- "Algol 3"
. SolStation
. Besoek op
31 Julie
2006
.
- "Algol"
. Alcyone ephemeris
. Besoek op
8 Junie
2006
.
- Bezza, Giuseppe.
"Al-ghul, the ogre"
. Vertaal deur Daria Dudziak. Cielo e Terra.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2006
. Besoek op
8 Junie
2006
.