Alfred Nobel
|
|
Alfred Nobel
|
|
Geboortenaam
|
Alfred Bernhard Nobel
|
Gebore
|
21 Oktober 1833
Stockholm
,
Swede
|
Oorlede
|
10 Desember 1896 (op 63)
Sanremo
,
Italie
|
Plek van graf
|
Norra begravningsplatsen, Stockholm
|
Nasionaliteit
|
Sweeds
|
Vakgebied
|
Chemie, ingenieurswese
|
Bekend vir
|
Ontdekking van dinamiet,
Nobelprys
|
Handtekening
|
|
Alfred Bernhard Nobel
(geb.
21 Oktober
1833
in
Stockholm
,
Swede
? †
10 Desember
,
1896
,
Sanremo
,
Italie
) was 'n
Sweedse
chemikus, ingenieur, uitvinder, wapenvervaardiger en die uitvinder van
dinamiet
. Hy was die eienaar van
Bofors
, wat hy van ’n produsent van hoofsaaklik yster en staal tot 'n vername wapenvervaardiger uitgebou het. In sy testament het hy bepaal dat sy beduidende fortuin gebruik moes word om die
Nobelpryse
tot stand te bring. Die sintetiese element
nobelium
is ook na hom genoem.
Nobel was die derde seun van
Emmanuel Nobel
(1801-1872) en
Ahlsell Nobel
(1805-1889). Sy vader het uit 'n baie arm boerefamilie gekom, maar deur harde werk as militere ingenieur roem verwerf.
Alfred Nobel
is op 21 Oktober 1833 gebore. In
1842
het hy en sy gesin na
Sint Petersburg
verhuis waar sy pa (die uitvinder van laaghout) 'n
seemyn
-fabriek gestig het. Alfred het daar
chemie
gestudeer onder leiding van prof.
Nikolay Zinin
. In
1859
is die bestuur van die fabriek aan die tweede seun,
Ludvig Nobel
(1831-1888), toevertrou wat dit baie uitgebrei het.
Alfred het met sy pa na
Swede
teruggekeer nadat die familiesaak bankrot gespeel het en hom aan die studie van
plofstowwe
gewy, veral die veilige vervaardiging van
nitrogliserien
(wat in
1847
deur
Ascanio Sobrero
uitgevind is, een van sy medestudente aan die
Universiteit van Torino
). Verskeie ontploffings het plaasgevind by die fabriek op die landgoed Heleneborg in Stockholm, Swede, wat aan die familie behoort het; een van die ontploffings, in
1864
, het tot die dood van Alfred se jonger broer Emil en verskeie ander werkers gelei. 'n Maand later het Emmanuel Nobel 'n beroerte gekry en verlam geraak.
Uiteindelik, in
1866
-1867, het Alfred Nobel die probleem rakende die beveiliging van die plofstof opgelos. Aangesien
nitrogliserien
'n hoogs onstabiele vloeistof is, het hy sekere absorberende materiaal daarby gevoeg en sodoende die veilige berging en vervoer daarvan moontlik gemaak. Om die mengsel te laat ontplof, het egter 'n spesiale slagdoppie vereis. Die nuwe vorm van nitrogliserien is dinamiet ('krag' in
Grieks
:
dynamis
) genoem.
Die grondslag van die
Nobelprys
is in
1895
gele toe Alfred Nobel sy testament geskryf en die meeste van sy besittings vir die stigting daarvan nagelaat het. Sedert
1901
het die prys mans en vroue vereer vir hul uitstaande bydraes tot die
fisika
,
chemie
,
geneeskunde
,
literatuur
en vir
vredeswerk
.
Die plofstof dinamiet het aan sy uitvinder 'n fortuin besorg. Deur die Nobelpryse wat toegeken moes word, onder meer vir die bevordering van vrede, het die man wat een van die dodelikste oorlogswapens uitgevind het, gehoop om 'n bydrae te lewer tot internasionale vrede en begrip.
Hoewel Nobel ongetroud gebly het, het sy biograwe aangedui dat hy in sy lewe minstens drie liefdesverhoudings gehad het.