Prinses Alexandra van Denemarke
(Alexandra Carolina Marie Charlotte Louise Julia; 1 Desember 1844 ? 20 November 1925) was die gade van koning
Edward VII van die Verenigde Koninkryk
en dus ook
keiserin van Indie
tydens haar man se bewind, van 1901 tot 1910.
Haar familie was redelik onbekend totdat haar pa,
Christiaan IX van Denemarke
, sy verlangse neef
Frederik VII
opgevolg het as Deense koning. Op 16-jarige ouderdom is sy gekies as die toekomstige vrou van Albert Edward, Prins van Wallis, die erfgenaam van
koningin Victoria
. Hulle het 18 maande later getrou. As Prinses van Wallis van 1863 tot 1901, die langste wat enigiemand die titel gehad het, het sy die harte van die Britse volk gewen en baie gewild geword; haar styl is deur modebewuste vroue gevolg.
Met die dood van koningin Victoria in 1901 het Albert Edward koning Edward VII geword, met Alexandra as sy gemalin. Van Edward se dood in 1910, toe haar seun
George V
koning geword het, tot met haar eie dood, was sy die koningin-moeder met die aanspreekvorm Haar Majesteit koningin Alexandra.
Prinses Alexandra Caroline Marie Charlotte Louise Julia, of Alix soos sy in die familie bekend was, is gebore in die Geel Paleis in
Kopenhagen
,
Denemarke
.
[1]
Haar pa was
Prins Christiaan van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glucksburg
en haar ma
Louise van Hesse-Kassel
.
[2]
Hoewel sy van adellike afkoms was, het haar ouers ’n heel gemiddelde inkomste gehad.
[3]
In 1848 is koning
Christiaan VIII van Denemarke
oorlede en sy enigste seun,
Frederik
, ’n verlangse neef van Alexandra se pa, het die troon bestyg. Frederik is deur twee onsuksesvolle huwelike en het nie kinders gehad nie.
Koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en haar man,
prins Albert
, was op soek na ’n geskikte vrou vir hul seun en erfgenaam, Albert Edward, die Prins van Wallis. Alexandra was nie hul eerste keuse nie omdat Denemarke met
Pruise
vasgesit het oor die
Sleeswyk-Holstein
-kwessie en feitlik al die familie van die
Britse
koningshuis
Duits
was. Eindelik, nadat hulle van ander moontlikhede afgesien het, het hulle besluit Alexandra is "die enigste een om te kies".
[4]
Op 9 September 1862 het Albert Edward Alexandra om haar hand gevra
[5]
en ’n paar maande later het sy na Brittanje gereis vir haar huwelik. Die egpaar is op 10 Maart 1863 in Windsor getroud. Teen die einde van die volgende jaar het Alexandra se pa sy verlangse neef opgevolg as koning van Denemarke, haar broer het
koning van Griekeland
geword, haar suster
Dagmar
was verloof aan die
tsarewitsj van Rusland
,
[6]
en Alexandra het die geboorte geskenk aan haar eerste kind.
Deur hul hele huwelik het Albert Edward ander vroue gesien, onder andere die aktrise Lillie Langtry, Daisy Greville, Gravin van Warwick en ander.
Die dood van haar oudste seun, prins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale, in 1892 het Alexandra swaar getref en sy kamer met sy besittings is feitlik onaangeraak gelaat.
[7]
In 1894 is haar swaer
Aleksander III van Rusland
dood en haar susterskind
Nikolaas
het tsaar geword. Haar suster Dagmar het swaar op haar gesteun in die tyd en Alexandra het in die volgende twee weke, tot met Aleksander se begrafnis, aan haar suster se sy gebly.
[8]
Met die dood van konngin Victoria in 1901 het haar man koning geword as Edward VII. In 1910 het sy haar broer, koning George I van Griekeland
Corfu
besoek. Terwyl sy daar was, het sy die tyding ontvang dat haar man ernstig siek is. Sy het dadelik na Engeland teruggekeer en die dag voor haar man se dood daar aangekom.
[9]
Later in die jaar het sy uit
Buckingham-paleis
na
Marlborough House
getrek. Sy het haar daarna op liefdadigheidswerk toegespits. Sy is op 20 November 1925 in
Sandringham House
dood nadat sy vir ’n lang ruk nie gesond was nie.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Alexandra of Denmark
- ↑
Eilers, Marlene A. -
Queen Victoria's Descendants
, p.171
- ↑
Montgomery-Massingberd, Hugh (red.) (1977).
Burke's Royal Families of the World
, Volume 1. (Londen: Burke's Peerage).
ISBN 0-220-66222-3
. pp.69?70
- ↑
Duff, pp.16?17
- ↑
Prins Albert aangehaal in Duff, p.31
- ↑
Battiscombe, pp.27?37; Bentley-Cranch, p.44 en Duff, p.43
- ↑
Hy is ’n paar maande na die verlowing oorlede en Dagmar is toe getroud met sy broer,
Aleksander
.
- ↑
Battiscombe, pp.189?193, 197 en Duff, p.184
- ↑
Battiscombe, p.205 en Duff, pp.196?197
- ↑
Duff, pp.249?250