Alane
|
|
Totale bevolking:
|
n.v.t.
|
Belangrike bevolkings in:
|
n.v.t.
|
Taal:
|
Oos-Irans
|
Geloofsoortuiging:
|
Heidendom;
na 4de-5de eeu: Arianisme;
Middeleeue:
Oosters-Ortodoks
|
Verwante etniese groepe:
|
Massagete
|
Die
Alane
of
Alani
was in die oudheid ’n
Iranse
nomadiese
volk.
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
Die naam is ’n Iranse
dialekvorm
van "Ariers", ’n algemene naam onder Indo-Irannese vir hulself.
[2]
Hulle is moontlik verwant aan die
Massagete
en word ook deur moderne historici verbind met die
Sentraal-Asiatiese
Yancai en Aorsi van onderskeidelik
Chinese
en
Romeinse
bronne.
[6]
Hulle het weswaarts migreer en aansien verwerf onder die
Samatiers
op die
Pontiese Steppe
, en is in die 1ste eeu n.C. in Romeinse bronne genoem.
[1]
In die tyd het hulle hulle in die streek noord van die
Swartsee
gevestig en dikwels strooptogte uitgevoer op die
Partiese Ryk
en
Kaukasiese
provinsies van die
Romeinse Ryk
.
[1]
In 215-250 n.C. is hul mag op die Pontiese Steppe deur die
Gote
verbreek.
[4]
Na die
Hunne
se oorwinning oor die Gote op die steppe omstreeks 375 n.C. het baie Alane saam met verskeie
Germaanse volke
weswaarts migreer. Hulle het die
Ryn
in 406 n.C. oorgesteek saam met die
Vandale
en
Suebi
, en hulle in
Orleans
en
Valence
gevestig. Omstreeks 409 n.C. het hulle die
Pirenee
saam met die Vandale en Suebi oorgesteek na die
Iberiese Skiereiland
.
[7]
Die Iberiese Alane is in 418 deur die
Wes-Gote
verslaan.
[8]
Hulle het toe Gunderik, die koning van die Vandale, as koning van die "Vandale en Alane" aanvaar. In 428 het die Vandale en Alane die
Straat van Gibraltar
oorgesteek na
Noord-Afrika
, waar hulle ’n magtige koninkryk gevestig het wat bestaan het tot die oorname daarvan deur die
Bisantynse keiser
Justinianus I
in die 6de eeu.
[8]
Die Alane wat onder die Hunne se heerskappy gebly het, het in die
Middeleeue
’n
magtige koninkryk
in die Noord-Kaukasus gestig wat geeindig het met die
Mongoolse
verowering in die 13de eeu. Daar word geglo hierdie Alane is die voorouers van die moderne
Ossetiers
.
[1]
Die Alane het ’n
Oos-Iranse taal
gepraat wat ontstaan het uit
Skities-Sarmaties
en eindelik ontwikkel het in moderne
Osseties
.
[2]
Die eerste melding van name wat historici met die Alane verbind, het feitlik terselfdertyd in tekste van die Mediterreense gebied, Midde-Ooste en China voorgekom.
In die 1ste eeu n.C. het die Alane weswaarts migreer van
Sentraal-Asie
af en ’n belangrike posisie ingeneem onder die Sarmatiers wat tussen die
Donrivier
en die
Kaspiese See
gewoon het.
[4]
[5]
Volgens ’n inskripsie het Vologeses I, die Partiese koning omstreeks 51-78 n.C., in die 11de jaar van sy bewind geveg teen Kuluk, koning van die Alani.
[10]
Die
Joodse
historikus van die tyd Josephus bevestig die inskripsie. Volgens hom het die Alane, wat hy ’n
Skitiese stam
noem en naby die
See van Azof
gewoon het, in die "Joodse Oorloe" die
Ysterpoorte
in 72 n.C. oorgesteek om te plunder en die leers van Pacorus II, koning van
Medie
, en Tiridates I van
Armenie
, twee broers van Vologeses I, verslaan.
Die Alane het Partie deur
Hirkanie
binnegeval, en dit wys dat die Alane se basis in die tyd steeds noordoos van die Kaspiese See was.
[4]
Teen die vroee 2de eeu was die Alane in beheer van die
Laer Wolga
en die
Koebanrivier
.
[4]
Die gebied is vroeer bewoon deur volke wat die Alane opgeneem, uiteengejaag en/of vernietig het.
[4]
In 135 n.C. het die Alane via die Kaukasus ’n groot inval in
Klein-Asie
geloods en Medie en Armenie verwoes.
[4]
Hulle is eindelik teruggedryf deur Arrian, die Romeinse goewerneur van
Kappadosie
? hy het ’n gedetailleerde verslag, "Oorlog teen die Alane", geskryf wat ’n belangrike bron is vir die bestudering van Romeinse militere taktiek.
In 215-250 het die
Germaanse
Gote suidooswaarts uitgebrei en die Alane se oorheersing op die Pontiese Steppe verbreek.
[4]
Dit lyk egter of die Alane ’n groot invloed op die Gotiese kultuur gehad het, want die Gote het goeie ruiters geword en die Alane se dierekunsvorm aangeneem.
[4]
Nadat die Gote in die Steppe aangekom het, het baie Alane blykbaar ooswaarts na die Don teruggeval, waar hulle oenskynlik bande met die Hunne gesmee het.
[4]
Ammianus skryf die Alane was ’n bietjie soos die Hunne, maar minder wreed.
[4]
Jordanes het gemeen die Alane is net so sterk soos die Hunne in gevegte, maar anders wat hul beskawing, optrede en voorkoms betref.
[4]
Volgens die 4de-eeuse Romeinse historikus Ammianus Marcellinus is die Alane "voorheen
Massagete
genoem",
[11]
terwyl Dio Cassius geskryf het "hulle is Massagete".
[4]
Dit is moontlik dat die Alane ’n samesmelting van verskeie
Iranse volke
was, insluitende Sarmatiers, Massagete en Skitiers.
[4]
Geleerdes verbind die Alane ook met die nomadiese Yancai wat in Chinese bronne genoem word.
[6]
Die Yancai word weer verbind met die Aorsi, ’n magtige Sarmatiese stam wat tussen die Don en die
Aralmeer
gewoon het; hulle word in Romeinse bronne genoem, veral deur
Strabo
.
[6]
Volgens Ammianus is die vreedsame betrekkinge tussen die Alane en Hunne omstreeks 370 verbreek toe die Hunne die Don-Alane aanval. Baie Alane is doodgemaak en die Hunne het toe ’n bondgenootskap met die oorlewendes gesluit.
[4]
[12]
Hierdie Alane het die Gote in 375 saam met die Hunne suksesvol aangeval.
[4]
Hulle het daarna saam met die Hunne weswaarts uitgebrei.
[4]
Na die Hunne se inval van 370 het ander Alane saam met sommige Sarmatiers weswaarts migreer.
[4]
Terwyl die Romeinse Ryk agteruitgegaan het, het die Alane in verskeie groepe vertak; sommige het vir die Romeine geveg en ander het by die Hunne, Wes- of Oos-Gote aangesluit.
[4]
’n Deel van die Wes-Alane het by die Vandale en Suebi aangesluit in hul inval van die Romeinse
Gallie
.
Na die suksesse van die Vandale en die Suebi in 409 op die Iberiese Skiereiland (Hispanie, wat bestaan het uit die moderne
Portugal
en
Spanje
),
[13]
het Alane hulle ook daar gevestig ? die Koninkryk van die Alane was die eerste barbaarse koninkryk wat gestig is.
In 418 (of 426 volgens sommige skrywers)
[14]
is die Alane se koning, Attaces, in ’n geveg met die Wes-Gote gedood. Die tak van die Alane het toe die Vandaalse koning, Gunderic, gevra om ook hul koning te word. Hoewel geglo word sommige van die Alane het in Iberie agtergebly, is die meeste in 429 saam met die Vandale na Noord-Afrika. Later het die heersers van die Vandaalse Koninkryk in Noord-Afrika hulself
Rex Wandalorum et Alanorum
("Koning van die Vandale en Alane") genoem.
Die Alane wat in hul oorspronklike gebied noord van die Kaukasus (en ook vir ’n ruk oos van die Kaspiese See) gebly het, het in botsing gekom met die
Proto-Bulgare
,
Kok-Turke
en die
Chasare
, wat die meeste van hulle uit die vlaktes na die berge verdryf het.
[15]
Van die ander Alane het onder heerskappy van die Hunne gebly. Die in die oostelike groep is deur die
Mongole
na die Kaukasus verdryf, waar hulle die Ossetiers geword het. Tussen die 9de en 12de eeu het hulle ’n netwerk stamgenootskappe gevorm wat eindelik in die Christelike koninkryk
Alanie
ontwikkel het. Die meeste Alane het hulle in 1239-1277 aan die
Mongoolse Ryk
onderwerp. Hulle het deelgeneem aan die Mongoolse invalle in
Europa
en die
Song-dinastie
, asook aan die Slag van Koelkowo onder
Mamai
van die
Goue Horde
.
[16]
Afstammelinge van die Alane wat in die outonome republieke van
Rusland
en
Georgie
woon, praat
Osseties
, lid van die Noordoos-
Irannese taalgroep
wat die enigste oorblyfsel is van die Skities-Sarmatiese dialekketting. Daar is twee dialekte in moderne Osseties:
Digor
, wat in die weste van
Noord-Ossetie
gepraat word, en
Iron
, in die res van Ossetie.
- ↑
1,0
1,1
1,2
1,3
"Alani"
(in Engels).
Encyclopædia Britannica
Aanlyn. 2015.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 November 2013
. Besoek op
1 Januarie
2015
.
- ↑
2,0
2,1
2,2
"ALANS"
.
Encyclopædia Iranica
(in Engels). Bibliotheca Persica Press. 2015.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 April 2020
. Besoek op
16 Mei
2015
.
- ↑
Waldman & Mason 2006
, pp. 12?14
- ↑
4,00
4,01
4,02
4,03
4,04
4,05
4,06
4,07
4,08
4,09
4,10
4,11
4,12
4,13
4,14
4,15
4,16
4,17
4,18
Brzezinski & Mielczarek 2002
, pp. 10?11
- ↑
5,0
5,1
Zadneprovskiy 1994
, pp. 467?468
- ↑
6,0
6,1
6,2
Zadneprovskiy
, pp. 465?467
- ↑
"Spain: Visigothic Spain to c. 500"
.
Encyclopædia Britannica Aanlyn
. Encyclopædia Britannica, Inc. 2015
. Besoek op
1 Januarie
2015
.
- ↑
8,0
8,1
"Vandal"
.
Encyclopædia Britannica Aanlyn
. Encyclopædia Britannica, Inc. 2015
. Besoek op
1 Januarie
2015
.
- ↑
Vologeses inscription.
- ↑
Ammianus Marcellinus. Roman History.
Book XXXI. II. 12
- ↑
Giovanni de Marignolli, "John De' Marignolli and His Recollections of Eastern Travel", in
Cathay and the Way Thither: Being a Collection of Medieval Notices of China
, Volume 2, red. Henry Yule (Londen: The Hakluyt Society, 1866), 316?317.
- ↑
Historical Atlas of the Classical World, 500 BC?AD 600
. Barnes & Noble Books. 2000. p. 2.16.
ISBN
978-0-7607-1973-2
.
- ↑
Castritius, 2007
- ↑
"
Al?n
".
The Encyclopedia of Islam, New Edition, Volume I: A?B
. (1986). Leiden and New York: BRILL.
ISBN 90-04-08114-3
.
- ↑
Handbuch Der Orientalistik By Agusti Alemany, Denis Sinor, Bertold Spuler, Hartwig Altenmuller, p. 400?410
- Alemany, Agusti (2000).
Sources on the Alans: A Critical Compilation
. BRILL.
ISBN
90-04-11442-4
.
- Brzezinski, Richard; Mielczarek, Mariusz (2002).
The Sarmatians, 600 BC-AD 450
. Osprey Publishing.
ISBN
184176485X
. Besoek op
7 Junie
2015
.
- Castritius, H. 2007. Die Vandalen. Kohlhammer Urban.
- Waldman, Carl; Mason, Catherine (2006).
Encyclopedia of European Peoples
. Infobase Publishing.
ISBN
1438129181
. Besoek op
16 Januarie
2015
.
- Zadneprovskiy, Y. A. (1 Januarie 1994). "The Nomads of Northern Central Asia After The Invasion of Alexander". In
Harmatta, Janos
(red.).
History of Civilizations of Central Asia: The Development of Sedentary and Nomadic Civilizations, 700 B. C. to A. D. 250
.
Unesco
. pp. 457?472.
ISBN
9231028464
. Besoek op
29 Mei
2015
.