한국   대만   중국   일본 
Akkadies - Wikipedia Gaan na inhoud

Akkadies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Akkadies
Gepraat in: Mesopotamie , Sirie  
Gebied: Midde-Ooste
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie : Afro-Asiaties
  Semities
   Oos-Semities
    Akkadies  
Skrifstelsel: Wigskrif
Taalkodes
ISO 639-1 : geen
ISO 639-2 : akk
ISO 639-3 : akk
Akkadies word in wigskrif geskryf.

Akkadies (li??num akkad?tum, ak.kADu, soms ook Babilonies ) is ‘n uitgestorwe Semitiese taal (deel van die groter Afro-Asiatiese taalfamilie ) wat in antieke Mesopotamie gepraat is. Dit is die oudste geidentifiseerde Semitiese taal, en het die wigskrif skryfstelsel gebruik wat oorspronklik in die Soemeriese taal gebruik is. In die tweede millennium is twee dialekte gepraat, wat as Assiries en Babilonies bekend staan.

Akkadies het al eeue lank as lingua franca in Mesopotamie gedien. Nogtans het die taal in die 8ste eeu v.C. begin daal en is geleidelik deur Aramees vervang. Die laaste Akkadiese geskrifte dateer van die eerste eeu n.C. Veel Akkadiese woorde oorleef in moderne Aramese dialekte wat deur Assiriers in Irak gepraat word en Akkadies is ook die taal waarin die Gilgamesh-epos geskryf is.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]