in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Akkad
of
Agade
(
Akkadies
????????
,
A-ga-de
ki
3
;
Sumeries
:
????
URI
KI
) was tydens die
Ur III-tydperk
[1]
die naam van ’n
Mesopotamiese
stad
en die omringende omgewing. Dit was die hoofstad van die
Akkadiese Ryk
, wat die oorheersende politieke mag in Mesopotamie was in ’n tydperk van sowat 150 jaar in die laaste derde van die 3de millennium v.C.
Die stad se ligging is onbekend, hoewel daar ’n paar voorgestelde moontlikhede is, hoofsaaklik oos van die
Tigrisrivier
, rofweg tussen die moderne stede
Samarra
en
Bagdad
.
[2]
Voor die ontsyfering van
wigskrif
in die 19de eeu was die stad net bekend uit een enkele verwysing in
Genesis
10:10, waar dit in Hebreeus ?????? ('
Akkad
) gespel is. Die naam verskyn in ’n lys stede van
Nimrod
in
Sumer
(Sinar).
Sallaberger en Westenholz (1999) noem 160 bekende meldings van die stad in die bestaande wigskrifkorpus, in bronne wat volgens datum wissel van die Ou Akkadiese tydperk self tot die
Nieu-Babiloniese tydperk
.
Die oorsprong van die naam is onbekend, maar dit is nie
Akkadies (Semities)
nie. In verskillende bronne word ’n
Sumeriese
,
Horitiese
of
Lullubi
-etimologie voorgestel.
Die nie-Akkadiese oorsprong van die naam dui daarop dat dit reeds voor
Sargon van Akkad
se tyd bestaan het; dit word dan ook genoem in ’n jaarnaam voor Sargon.
[3]
Die inskripsie op die Bassetki-standbeeld noem dat die inwoners van Akkad ’n tempel vir
Naram-Sin
gebou het nadat hy ’n opstand teen sy bewind onderdruk het.
[4]
Die
hoofgodin
van Akkad was
Isjtar-Astarte
(Inanna), wat
‘A?tar-annunitum
, of "Oorlogsugtige Isjtar", genoem is.
[5]
Haar man,
Ilaba
, is ook in Akkad aanbid. Isjtar en Ilaba is later in die
Ou Babiloniese tydperk
by Sippar aanbid, moontlik omdat Akkad self al teen daardie tyd vernietig was.
[6]
Die stad was beslis ’n ruine teen die middel van die 1ste millennium v.C.
[7]
- ↑
Miller, Douglas B.; Shipp, R. Mark (1996).
An Akkadian Handbook: Paradigms, Helps, Glossary, Logograms, and Sign List
(in Engels). Eisenbrauns. p. 43.
ISBN
978-0-931464-86-7
.
- ↑
"Akkade may thus be one of the many large tells on the confluence of the Adheim River with the Tigris" (Sallaberger, and Westenholz 1999,
p. 32
.
- ↑
Wall-Romana 1990
, pp. 205?206
- ↑
Van de Mieroop 2007
, pp. 68?69
- ↑
Meador 2001
, p. 8
- ↑
Sallaberger & Westenholz 1999
- ↑
Foster 2013
, p. 266
- Foster, Benjamin R. (2013), "Akkad (Agade)", in Bagnall, Roger S.,
The Encyclopedia of Ancient History
, Chicago: Blackwell, pp. 266?267,
doi
:
10.1002/9781444338386.wbeah01005
- Meador, Betty De Shong (2001),
Inanna, Lady of the Largest Heart. Poems by the Sumerian High Priestess Enheduanna
, Austin: University of Texas Press,
ISBN
978-0-292-75242-9
- Sallaberger, Walther; Westenholz, Aage (1999),
Mesopotamien: Akkade-Zeit und Ur III-Zeit
, Orbis Biblicus et Orientalis,
160/3
, Gottingen: Vandenhoeck & Ruprecht,
ISBN
352553325X
- Van de Mieroop, Marc (2007),
A History of the Ancient Near East, ca. 3000?323 BC. 2de uitg.
, Blackwell History of the Ancient World, Malden: Blackwell,
ISBN
9781405149112
- Wall-Romana, Christophe (1990), "An Areal Location of Agade",
Journal of Near Eastern Studies
49
(3): 205?245,
doi
:
10.1086/373442