in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Afrikaner Selfbeskikking Party
(
sic
;
afgekort:
AFRSP
) is ’n eenheid van
Afrikaner
-organisasies en
politieke partye
wat saam aan die
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014
deelgeneem het. Hulle hoofdoel is om uiteindelike
selfbeskikking
te bekom en vir die regte van die Afrikaner en ander Europese volke te veg.
[1]
Die party was vroeer bekend as
Front Nasionaal
.
[2]
Die party is op
7 Desember
2013
by
Das Gasthaus
in
Capital Park
,
Pretoria
bekendgestel. Hannes Engelbrecht, ’n joernalis van
Potchefstroom
en aktivis van die Boere-Krisis-Aksie is as die party se eerste leier verkies.
[3]
Die
Federale Vryheidsparty
se kanselier, Willie Cloete, is verkies tot operasionele bestuurder en onderleier. Die Afrikaner Selfbeskikking Party is ’n voortvloeisel uit die
Federale Vryheidsparty
[4]
en is ook so by die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer.
Die Party se naam is verander na Afrikaner Selfbeskikking Party in Januarie 2020.
Die FN se amptelike partybeleid spruit uit die
Verenigde Nasies
se resolusie 2649 (XXV) van 30 November 1970 wat aan groepe die reg tot selfbeskikking gee:
- die party aanvaar die legitimiteit van onderdrukte mense se reg tot selfbeskikking en om daardie reg na te jaag met enige middels tot hulle beskikking;
- erken die reg van onderdrukte mense om in die uitvoering van hulle reg tot selfbeskikking te vra vir morele en materiele ondersteuning in ooreenstemming met resolusies van die Verenigde Nasies en in die gees van die Handves van die Verenigde Nasies;
- doen ’n beroep op alle regerings wat die reg tot selfbeskikking minag, om daardie reg te erken in ooreenstemming met internasionale strukture en die beginsels en gees van die VN Handves;
- erken dat die verkryging en onthouding van grondgebied vir selfbeskikking ’n oortreding en minagting is van die Handves;
- veroordeel regerings wat die reg op selfbeskikking weerhou van mense wat daarop geregtig is.
Die FN staan vir die volgende beginsels:
- Dat in ooreenstemming met Artikel 235 van die
Suid-Afrikaanse Grondwet
hulle die reg tot selfbeskikking opeis;
- Dat alle diskriminerende wetgewing en praktyke gerig op mense op grond van hulle ras, onwettig verklaar word, met spesiale verwysing na:
- Regstellende aksie
- Swart ekonomiese bemagtiging
- Kwotas in sport en onderwys
- Grondhervorming
- Dat die groep wat hulle reg tot selfbeskikking en uiteindelike onafhanklikheid opeis, as volg gedefinieer word:
- die etniese groep bekend onder die naam "Afrikaner" en/of "Boer" en alle persone van Europese afkoms wat identifiseer met die groep;
- gebaseer op die westerse/Europese lewensbeskouing en karakter wat betref taal, kultuur, gebruike en tradisies, godsdiens en geskiedenis;
- Dat meganismes geskep word waaronder die spesifieke groep in beheer geplaas word van hulle eie geskiedenis, taal, onderwys en kultuurlewe in ooreenstemming met die proporsie tot die hoeveelheid belasting wat betaal word deur die persone wat hulle met die spesifieke etniese groep identifiseer;
- Dat stappe geneem word om ’n grondgebied(e) te identifiseer binne die grense van die huidige
Republiek van Suid-Afrika
in ooreenstemming met die geskiedenis, demografie en ander faktore; en dat volle onafhanklikheid toegestaan word nadat ’n deeglike studie gedoen is oor grense.
[5]
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
Setels
|
2019
[6]
|
7,144
|
0.04%
|
-
|
2014
|
5,138
|
0.03%
|
-
|