Afrikaanse Hoer Seunskool
|
|
Leuse
|
Laat daar lig wees
|
Gestig
|
28 Januarie 1920
|
Tipe
|
Staatskool
|
Hoof
|
Mnr. Peregrine Joynt
|
Stigter
|
Jan Joubert en Chris Neethling
|
Personeel
|
92
|
Leerlinge
|
ongeveer 1 300
|
Grade
|
8-12
|
Adres
|
Lynwoodweg 1, Pretoria, 0002
|
Stad
|
Pretoria
|
Provinsie
|
Gauteng
|
Land
|
Suid-Afrika
|
Kleure
|
|
Koshuis(e)
|
Huis Pannevis
|
Jaarboek
|
Die Lig
|
Skoolkoerant
|
Stroomop
|
Webblad
|
www.affies.co.za
|
Die
Afrikaanse Hoer Seunskool
, ook bekend as
Affies
, is ’n openbare
hoerskool
vir seuns in
Pretoria
,
Gauteng
,
Suid-Afrika
, en is gelee oorkant die wereldbekende rugbystadion en tuisveld van die
Blou Bulle
,
Loftus Versfeld
.
Die skool is op
28 Januarie
1920
gestig en merk die totstandkoming van die eerste suiwer
Afrikaans
-medium skool in
Suid-Afrika
. Die gebeurtenis vind plaas vyf jaar voor die amptelike erkenning van die Afrikaanse taal. Die skool is deur Suid-Afrika bekend vir sy hoe akademiese standaarde en die leiers wat hulle opgelewer het.
Die skool was oorspronklik in die huis van
Generaal Piet Joubert
te Visagiestraat 218,
Pretoria
gehuisves. Teen 1927 het die skool so gegroei dat hulle ’n nuwe skoolterrein benodig het, en is die skool na die huidige terrein van die
Afrikaanse Hoer Meisieskool
geskuif. Teen die einde van
1927
het hulle die
Hogere Oosteindschool
, ’n
Nederlandstalige
skool oorgeneem, ’n verdere teken van die afname in gebruik van Nederlands in Suid-Afrika en die aanvaarding van Afrikaans as primere onderrigtaal.
Teen
1929
het die huidige geboue kapasiteit bereik en is die besluit geneem om ’n nuwe skool vir die seuns te stig. Die Afrikaanse Hoer Seunskool het so tot stand gekom, die eerste aparte Afrikaanse seuns- en meisieskole in die destydse Transvaal.
Affies se skoollied:
|
Daar ruis uit Pretoria
die roep tot verre trans
van duisende stemme
vir jou, ou Afrikaans!
Dit bind ons tesame,
die naam van ons trou
soos berge so stewig gebou vir jou!
Ons bring jou ons hulde,
jou lig sal ons dra tot ver oor ons wye Suid-Afrika.
Ons staan vir ons Nasie,
ons Taal en ons Land,
Gestaal vir die stryd om jou lig te laat brand.
Ons grootse verlede;
die hede se krag
Gee moed en vertroue
vir dit wat daar wag.
Ons bring jou ons hulde
jou lig sal ons dra
tot ver oor ons wye Suid-Afrika.
|
|
Woorde en Musiek: Mnr. en Mev. Carel van Heerden (1952)
Affies se erekode:
|
In ons skool gee ons die ereplek aan God en sy Woord en streef die Christelike lewensbeginsels na.
Ons is dankbaar vir die talente wat ons van God ontvang het en wend dit aan tot sy eer.
Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en om te dien.
Ons gehoorsaam en eer ons ouers en onderwysers en gedra ons hoflik teenoor alle mense, veral teenoor dames en ons meerderes.
Ons woord is ons eer.
Ons glo in selfbeheersing, selfdissipline, nederigheid en lojaliteit.
Ons dien ons skool getrou en handhaaf sy goeie naam met woord en daad.
Ons hou onsself en ons omgewing rein en skoon.
Ons staan vir ons Taal, ons Nasie en ons Land.
|
|
- Louis Schmidt (1954) : Springbokrugbyspeler 1958 en 1962, en die oorspronklike Blou Bul
- Tonie Roux (1964) : Springbokrugbyspeler 1969 tot 1974
- Professor
Fransjohan Pretorius
(1966) : prominente Suid-Afrikaanse historikus
- Johan Buys (1965) : Springbokatleet 1970
- Pierre Edwards (1970) : Springbokrugbyspeler 1980, en tans die skoolhoof
- Grant Esterhuizen (1994) : Springbokrugbyspeler 2000
- Fourie du Preez
(2000) : Springbokrugbyspeler 2004 tot 2006
- Wynand Olivier
(2001) : Springbokrugbyspeler 2006
- Pierre Spies
(2003) : Springbokrugbyspeler 2006
- Jacques Rudolph
(1999) : Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler 2003 tot 2006
- AB de Villiers
(2002) : Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler 2004 tot 2008
- Jacques Freitag
(2000) : Suid-Afrikaanse Olimpiese hoogspringatleet, goue medalje by die 2003 IAAF wereldkampioenskappe
- Johan Kriek
(1976) : Suid-Afrikaanse tennisspeler, twee keer wenner van die Australiese Ope enkelkampioenskap
- Danie Visser
(1979) : Suid-Afrikaanse tennisspeler, drie keer wenner van die Grand Slam dubbelspel
- Faf du Plessis
: Proteakrieketspeler en nasionale kaptein
- Kruger van Wyk: Titans en Suid-Afrika A krieketspeler
- Heino Kuhn: Titans krieketspeler
- Johan Roets: Suid-Afrika A en Bulle Super 14 rugbyspeler
- Sarel Potgieter: WP rugbyspeler
- Derick Kuun: Blou Bulle rugbyspeler
- Skipper Badehorst: Natal Sharks rugbyspeler
- Edward Coetzee: Natal Sharks rugbyspeler
- Nicolaas Alberts: Springbok Sewes rugbyspeler en Cambridge University Triple Blue (Rugby, krieket en atletiek)
- Cillie Malan
: Predikant in die NG Kerk
- Johan Bezuidenhoud
: Predikant in 11 gemeentes van die NG Kerk
25°45′27″S
28°13′17″O
/
25.75750°S 28.22139°O
/
-25.75750; 28.22139