in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Admiralty Arch, soos gesien vanaf The Mall
Die inskrif op die fasade herinner aan koningin Victoria, haar seun Edward VII as opdraggewer en die ontstaansjaar
Admiralty Arch
is een van 'n reeks geboue wat in 1910 in opdrag van koning
Edward VII
ter herdenking aan sy moeder, koningin
Victoria
, in
Londen
opgerig is. Die triomfboog, wat volgens 'n ontwerp van Sir Aston Webb ontstaan het en in 1912 voltooi is, vorm die argitektoniese eindpunt van The Mall en sy oorgang tot
Trafalgarplein
.
Die gebou behels drie groot identiese boe met poorte wat van bewerkte yster gemaak is asook twee kleiner boe wat toegang tot The Mall vir sowel voetgangers asook voertuie bied. Die grootste boog in sy middel word slegs tydens seremoniele geleenthede geopen en was, toe dit ingewy is, die grootste in die
Verenigde Koninkryk
.
[1]
Die gebou het oorspronklik die woning van die
First Sea Lord
(gelee in die noordervleuel) asook regeringskantore gehuisves.
In 2012 het die Britse regering sy 125 jaar oue huurkontrak vir die gebou aan die eidendomsontwikkelaar
Prime Investors Capital
verkoop wat beplan om die gebou tot 'n luukse hotel te herontwikkel.
[2]
51°30′24″N
0°7′43″W
/
51.50667°N 0.12861°W
/
51.50667; -0.12861