in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Absolute magnitude
of
absolute liggewendheid
is die mate van werklike
ligsterkte
wat ’n hemelliggaam het. Omdat byvoorbeeld sterre se werklike ligsterkte nie met die blote oog waargeneem kan word nie omdat hulle nie ewe ver van die
Aarde
af is nie, is ’n manier ontwerp om hul magnitude te vergelyk soos wanneer hulle almal ewe ver sou wees. Die afstand is vasgestel op 10
parsek
(32,6
ligjare
). Absolute magnitude word uitgedruk in ’n eenheid wat as "mag" of "M" afgekort word (vir magnitude). Hoe hoer ’n liggaam se absolute liggewendheid, hoe laer is die magnitude. Die helderste ster het ’n magnitude van sowat -9 mag, terwyl die dofste ster ’n helderheid van sowat 26 mag het. ’n Ster van 0 mag is 82,4 keer so helder as die
son
.
Skynbare magnitude
(afgekort as "m") is die liggewendheid van die hemelliggaam soos van die Aarde af gesien en word beinvloed deur die afstand en die Aarde se atmosfeer.
Bolometriese magnitude
neem energie in ag wat by alle golflengtes uitgestraal word, dus oor die hele
elektromagnetiese spektrum
.
Vir ’n
planetoide
of
komeet
is die absolute magnitude die werklike ligsterkte wat dit sou gehad het op ’n afstand van 1
astronomiese eenheid
van sowel die Aarde as die son.