in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Abia
(Hebreeus "my vader is Jah". "Jah" is ´n afkorting van "Jahwe") was die tweede koning van die
koninkryk van Juda
en het 3 jaar regeer (913 tot 911 voor Christus). Hy was uit die familie van koning
Dawid
en die seun van koning
Rehabeam
. Volgens 2
Kronieke
13 het hy soos sy vader afgode aanbid maar tydens die oorlog teen koning
Jerobeam I
van Israel het hy op die Here gesteun. Die oorlog aan die begin van sy ampsperiode was ´n poging om beide lande weer te herenig. Ondanks die groot oormag van Jerobeam het Abia geseevier en 500 000 soldate van Israel het gesneuwel. Abia het die stede Bethel, Jesana en Efron verower. Die Here het hom "ter wille van Dawid" die oorwinning oor
Jerobeam I
gegee (2 Kronieke 13).
Abia se moeder was
Maaga
/
Migaja
wat in 1
Konings
15: 2 die "dogter van
Abisalom
" en 2 Kronieke 13: 2 "die dogter van
Uriel
uit
Gibea
" genoem word. Daar word vermoed dat Uriel moontlik Absalom se skoonseun was en dat Maaga/Migaja gevolglik Absalom se kleinkind sou gewees het.
Volgens oorlewering het Abia 14 vrouens, 22 seuns en 16 dogters gehad. Hy is opgevolg deur sy seun
Asa
.
Verwysings in die Bybel
[
wysig
|
wysig bron
]
2 Kronieke 11: 22, 2 Kronieke 12: 16, 2 Kronieke 13: 1-14, 1 Konings 15: 1-8
- Die Bybel (1953-Vertaling)
- Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.
ISBN 3-417-24528-1