in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Aart de Villiers
(1931?1999) was 'n bekende in dramakringe, wat klas gegee het aan die
Universiteit van die Witwatersrand
, verskeie boeke oor drama en regie geskryf het, opgetree het as regisseur van verskeie drama- en opera-opvoerings en as resensent opgetree het vir verskeie publikasies.
Aart de Villiers is op 5 Maart 1931 gebore as enigste kind van Henry Stewart de Villiers (26 Oktober 1895 ? 24 Junie 1969) en Susanna Jacoba Carolina Visser (25 Februarie 1907 ? 31 Januarie 1945). Sy grootwordjare spandeer hy op
Bethal
in die
Oos-Transvaal
, waarna hy verder studeer aan
Rhodes-universiteit
in
Grahamstad
. Sy M.A.-graad behaal hy in 1957 met ’n verhandeling oor
Verkenninge in die woordeskat van die poesie met spesiale verwysing na N.P. van Wyk Louw
. Hy was een van die stigterslede van die Departement van Drama aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar hy vir baie jare dosent in drama en regie was. Hy verwerf veral bekendheid vir sy drama resensies in verskeie Afrikaanse koerante, sy werk as drama- en operaregisseur en die operas en operettes wat hy in Afrikaans vertaal het. Vir die Afrikaanse Radiodiens van die
Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
het hy gereeld opgetree op die program
In die voorportaal
. De Villiers het 'n prominente rol gespeel in die gay-gemeenskap en het onder meer daarin geslaag om gays se metgeselle tot mediese skemas toegelaat te kry. Sy lewensmaat was die bekende akteur
Don Lamprecht
. Op 26 April 1999 is hy in
Johannesburg
oorlede aan bloedvatverstopping nadat hy sowat ses weke tevore 'n operasie gehad het om infeksie in een van sy kunskniee teen te werk.
Hy skryf verskeie boeke oor die onderrig van drama en oor regie, insluitende
Die sawel van jou stilsit: beskouinge oor van Wyk Louw se Germanicus
.
Dirigent van die woord
is 'n handleiding wat die beginsels van regie uiteensit. Saam met Don Lamprecht vertaal hy
Bartho Smit
se
Die keiser
in Engels as
The naked emperor
en
Charles Dickens
se
Christmas Carol
as
Pennieknyper
.
[1]
Hy vertaal ook onder andere die eenbedryf
Ag Pa, arme Pa, Ma het jou in die kas gehang, dis daarom wat ek kla
van Arthur Kopit,
Alkestis
van
Euripides
(saam met Don Lamprecht),
Amahl en die nagbesoekers
van Gian-Carlo Menotti (saam met Bosman de Kock) en die opera
Huwelik van Figaro
van Mozart (saam met Anton Hartman).
[2]
Jaar
|
Pubkikasies
|
1970
|
Regieboek vir Germanicus van N.P. van Wyk Louw
|
1976
|
Dirigent van die woord
|
1977
|
Die sawel van jou stilsit: beskouinge oor van Wyk Louw se Germanicus
|
|
Vertalings
|
1982
|
The Naked Emperor ? Bartho Smit
|
- Anoniem: “Drama-bekende dr. Aart de Villiers skielik tuis oorlede”
Beeld
28 April 1999