in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
22ste Dinastie
van
Antieke Egipte
(ook
Dinastie XXII
geskryf) word saam met die
21ste Dinastie
en die
23ste
tot die
25ste Dinastie
beskou as die land se
Derde Oorgangstydperk
.
Die dinastie het aanvanklik van die stad
Boebastis
af regeer. Dit is gestig deur
Osorkon die Ouere
, die eerste
Libiese
farao
van Egipte.
[1]
Die bekende heersers van die 22ste Dinastie was:
Die farao's van die 22ste Dinastie was Libiers wat van omstreeks
943
tot
720 v.C.
regeer het. Volgens die Egiptiese historikus
Manetho
het die dinastie sy oorsprong in Boebastis gehad, maar die konings het van
Tanis
af regeer; dit was hul hoofstad en die plek waar hulle begrawe is.