in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
20ste Dinastie
van
Antieke Egipte
(ook
Dinastie XX
geskryf) word saam met die
18de
en die
19de Dinastie
beskou as die tyd van die
Nuwe Ryk
. Dit was die laaste dinastie van die ryk en is gevolg deur die
Derde Oorgangstydperk
.
Die
farao's
van die 20ste Dinastie het sowat 120 jaar lank regeer, van omstreeks
1187
tot
1064 v.C.
Hulle was:
[1]
Farao
|
Troonnaam
|
Bewind
|
Graftombe
|
|
Setnachte
|
Oeserchaoere
|
1189 ? 1186 v.C.
|
KV14
|
Ramses III
|
Oesermaatre-Merjamoen
|
1186 ? 1155 v.C.
|
KV11
|
Ramses IV
|
Oeser/Heqamaatre Setepenamoen
|
1155 ? 1149 v.C.
|
KV2
|
Ramses V
|
Oesermaatre Secheperenre
|
1149 ? 1145 v.C.
|
KV9
|
Ramses VI
|
Nebmaatre Merjamoen
|
1145 ? 1137 v.C.
|
KV9
|
Ramses VII
|
Oesermaatre Setepenre Merjamoen
|
1137 ? 1130 v.C.
|
KV1
|
Ramses VIII
|
Oesermaatre Achenamoen
|
1130 ? 1129 v.C.
|
|
Ramses IX
|
Neferkare Setepenre
|
1129 ? 1111 v.C.
|
KV6
|
Ramses X
|
Chepermaatre Setepenre
|
1111 ? 1107 v.C.
|
KV18
|
Ramses XI
|
Menmaatre Setpenptah
|
1107 ? 1077 v.C.
|
KV4
|
Die farao's van die 20ste Dinastie het gely weens gevegte om die troon onder die erfgename van Ramses III. Drie van sy seuns het byvoorbeeld die mag oorgeneem, as Ramses IV, Ramses VI en Ramses VIII. Daar was ook ’n reeks droogtes, ondergemiddelde oorstromings van die
Nylrivier
, hongersnood, burgerlike onrus en amptelike korrupsie ? wat alles die mag van die farao ondermyn het. Die mag van die laaste koning, Ramses XI, was so swak dat die hoepriesters van
Amoen
by
Thebe
in die suide die eintlike heersers van Bo-Egipte geword het, terwyl
Smendes
Benede-Egipte selfs voor Ramses XI se dood beheer het. Smendes sou eindelik die
21ste Dinastie
by
Tanis
stig.
[2]
- ↑
Chronological Table for the Dynastic Period in Erik Hornung, Rolf Krauss & David Warburton (red.),
Ancient Egyptian Chronology
(Handbook of Oriental Studies), Brill, 2006
- ↑
Dodson, A., Hilton, D.
The Complete Royal Families of Ancient Egypt
. Thames & Hudson, ble. 185-186