in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
13de Dinastie
van
Antieke Egipte
(ook
Dinastie XIII
geskryf) het 154 jaar geduur,
[1]
van omstreeks
1803
tot
1649 v.C.
. Dit word meestal saam met die 11de, 12de en 14de Dinastie beskou as die tyd van die
Middelryk
. Soms word van die 13de tot die 17de Dinastie beskou as die
Tweede Oorgangstydperk
.
Die 13de Dinastie word beskou as ’n direkte voortsetting van die
12de Dinastie
; sy eerste
farao
was vermoedelik die seun van
Amenemhat IV
.
[1]
Kim Ryholt stel voor die oorgang tussen die twee dinastiee weerspieel die opkoms van die onafhanklike
14de Dinastie
in die Oos-
Delta
, en dit het moontlik gedurende
Sobekneferoe
se bewind gebeur.
[1]
As direkte erfgename van die konings van die 12de Dinastie het die farao's van die 13de Dinastie van
Memphis
af oor Middel- en Bo-Egipte regeer. Die mag van die dinastie het progressief afgeneem gedurende die een en ’n half eeu van sy bestaan, en dit is eindelik beeindig net die verowering van Memphis deur die
Hyksos
-heersers van die
15de Dinastie
, omstreeks
1650 v.C.
[1]
In latere dokumente word die era gewoonlik beskryf as ’n tydperk van wanorde. Dit kon egter vreedsamer gewees het as wat vroeer gedink is omdat die sentrale regering regdeur die dinastie in
Itjtawy
gebly het en die land relatief stabiel was. Ongelukkig is die ware chronologie van die heersers moeilik om te bepaal, want min monumente dateer uit die periode. Baie van die konings se name is net bekend uit fragmente van inskripsies. Die bekendstes was:
[1]
[2]
Bewyse van die heersers na hierdie konings is net in Bo-Egipte gevind. Dit kan dui op die skuif van die hoofstad van Itjtawy na
Thebe
.
[9]
Daphna Ben Tor glo dit is veroorsaak deur ’n inval uit die Oos-Delta en die Memhis-streek deur
Kanaanitiese
heersers. Sommige skrywers beskou dit as die einde van die Middelryk en die begin van die Tweede Oorgangstydperk.
[9]
- ↑
1,0
1,1
1,2
1,3
1,4
Kim S. B. Ryholt,
The Political Situation in Egypt during the Second Intermediate Period, c.1800-1550 B.C.
, Museum Tusculanum Press 1997, p.197
- ↑
Aidan Dodson, Dyan Hilton: The Complete Royal Families of Ancient Egypt. The American University in Cairo Press, Londen 2004
- ↑
Stephen Adkins (7 Januarie 2014).
"Pennsylvania Researchers Discover Tomb of Egypt's First King Of 13th Dynasty"
(in Engels). University Herald.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018
. Besoek op
8 Januarie
2014
.
- ↑
4,0
4,1
K.S.B. Ryholt. The Political Situation in Egypt during the Second Intermediate Period c. 1800-1550 B.C. Carsten Niebuhr Institute Publications 20. Copenhagen
- ↑
Darrell D. Baker: The Encyclopedia of the Pharaohs: Volume I ? Predynastic to the Twentieth Dynasty 3300?1069 BC, Stacey International,
ISBN 978-1-905299-37-9
, 2008
- ↑
K.S.B. Ryholt, Hotepibre, a Supposed Asiatic King in Egypt with Relations to Ebla, Bulletin of the American Schools of Oriental Research, No. 311 (Aug., 1998), pp. 1-6
- ↑
Verner, Miroslav. The Pyramids: The Mystery, Culture, and Science of Egypt's Great Monuments. Grove Press. 2001 (1997).
ISBN 0-8021-3935-3
- ↑
Labib Habachi:
Khata'na-Qantir: Importance
, ASAE 52 (1954) pp.471-479, pl.16-17
- ↑
9,0
9,1
Daphna Ben Tor:
Sequences and chronology of Second Intermediate Period royal-name scarabs, based on excavated series from Egypt and the Levant
, in:
The Second Intermediate Period (Thirteenth-Seventeenth Dynasties), Current Research, Future Prospects
red. Marcel Maree, Orientalia Lovaniensia Analecta, 192, 2010, p. 91