한국   대만   중국   일본 
Łod? - Wikipedia Gaan na inhoud

Łod?

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Łod?

Kaart Wapen
Vlag
  Land Vlag van Pole  Pole
  Woiwodskap Łod?
  Koordinate 51°45′N 19°28′O  /  51.750°N 19.467°O  / 51.750; 19.467
  Stigting (eerste verwysing) 1332
  Stadstatus 1423
  Oppervlakte:  
 - Totaal 294,4 vk km
  Hoogte bo seevlak 162-278 m
  Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2016) 696 503
 - Bevolkingsdigtheid 2 503,7/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 428 600
  Tydsone MET ( UTC +1)
 - Somertyd MEST ( UTC +2)
  Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie - °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 550-600 mm
  Stadspresident vakant
  Amptelike Webwerf www.uml.lodz.pl/

Łod? (['wut??] , Duits ook Lodz of Lodsch , 1940?1945: Litzmannstadt ) is die derde grootste stad van Pole en die administratiewe sentrum van die gelyknamige woiwodskap. Die stad, wat sowat 120 kilometer suidwes van die hoofstad Warskou in die sentrum van die land gelee is, is die setel van 'n universiteit en die Nasionale Filmskool van Pole.

Toe die destydse tsaristiese "Kongres-Pole" in 1820 besluit om van Łod? die sentrum van die Poolse tekstielbedryf te maak, was dit nog 'n klein markdorpie. Die stad is volgens die vereistes van die nywerheidsomwenteling aangele en het vinnig tot 'n trekpleister vir duisende boere uit die omgewing asook beleggers uit Pole en die buiteland ontwikkel. Die opheffing van die doeanegrens tussen Pole en Rusland in 1850 het verdere stukrag aan Łod? se florerende nywerhede gegee. In die tweede helfte van die 19de eeu was Łod? reeds die belangrikste tekstielstad ter wereld en 'n metropool met 'n kosmopolitiese karakter waarna soms as die "Manchester van Pole" verwys is.

In die eerste helfte van die 20ste eeu het sake vir die tekstielbedryf begin versleg. Tydens die Tweede Wereldoorlog is Łod? deur Duitse troepe beset en die eerste Joodse ghetto in Pole opgerig. Die sowat 260 000 Joodse bewoners, wat hier aangehou is, was reeds deur uithongering bedreig toe hulle na die verdelgingskampe gedeporteer is.

Vandag is Łod? steeds 'n belangrike nywerheidstad en kulturele metropool met 'n verskeidenheid museums en ander instellings. Łod? tree gereeld as gasheerstad vir kultuurfeeste op.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]