- Hierdie artikel handel oor die nedersetting in die
Breedevallei, Wes-Kaap
. Vir ander gebruike, sien
Worcester (veelsinnig)
.
Worcester
is een van die groter dorpe van die
Wes-Kaap
, in die
Breederiviervallei
, 121 km oos-noordoos van Kaapstad en 52 km noordwes van
Robertson
. Dit is gelee aan die rant van die
Hexrivierberge
en is een van die mooisgelee dorpe in
Suid-Afrika
. Die
N1
nasionale pad gaan deur die dorp.
Synde die grootste dorp in die Wes-Kaap se binnelandstreek, dien dit as die administratiewe hoofstad van die
Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit
en as streekhoofkwartier vir die meeste sentrale en Provinsiale Regeringsdepartemente. Die dorp dien ook as die middelpunt van die Wes-Kaap se binnelandse kommersiele, verspreiding en kleinhandelaktiwiteite met 'n winkelsentrum, goed ontwikkelde sentrale sakekern en infrastruktuur.
Worcester is op 'n hoogte van 220 meter gelee en kan per pad bereik word deur of op die N1-hoofweg deur die Hugenote-tonnel of deur skouspelagtige bergpasse te ry.
Geografies word die distrik hoofsaaklik deur berge afgebaken; in die suidweste le die massiewe Stettynsbergreeks met 'n jaarlikse reenval van meer as 2000 mm. In die weste le die Du Toitskloofberge en noordwes le die
Slanghoek
-,
Klein Drakenstein
-, Elandskloof- en Lemietbergreekse. Na die noorde styg die
Hexrivierberge
wat die toringpieke van Chavonness, Brandwacht, Fonteintjiesberg en Audensberg insluit. Noordoos van die dorp loop die kleurvolle Keeromberg in die
Langebergreeks
.
Worcester en sy omgewing vorm deel van die Breederivier-opvangsgebied, wat gevoed word deur 'n aantal kleiner riviere aangevul deur die afloop van wintersneeu in die berge. Die distrik sluit ook die Hexriviervallei in.
Worcester bestaan ??ook uit 'n township genaamd Zwelethemba. In 1985 het studente geprotesteer oor Afrikaans as 'n dominante taal op skool. Onluste het uitgebreek en verskeie studente is deur die polisie in Robertsonweg geskiet. ’n Student genaamd Nkosana Nation Bahumi is weens die betogings oorlede.
Worcester is in 1820 gestig op die plase Langerug en Roodewal (sommige bronne Roodedraai) en word 'n munisipaliteit in
1842
. Dit is vernoem deur lord
Charles Somerset
, indertydse goewerneur van die Kaap, na sy broer, die markies van Worcester. Die dorp is bekend om sy skole vir dowes en blindes. Die NG gemeente is in
1821
gestig en vandag is daar, benewens die moedergemeente, nog ses NG gemeentes.
Die distrik is 4 139 km
2
groot en lewer ongeveer 25% van die land se
druiwe
. Hier word meer
wyn
en
brandewyn
gemaak as in enige ander distrik in die land.
Dorps- en afdelingsraadswapens
[
wysig
|
wysig bron
]
Munisipaliteit (1)
? Die munisipale raad het voor 1931 'n wapen aangeneem:
In blou, 'n goue valhek met kettings op 'n rooi en silwer wrong
.
[3]
Die valhek kom uit die Somerset-familiewapen.
Munisipaliteit (2)
? Die raad het 'n nuwe wapen in 1948 aangeneem. Dit is jare later (in 1983) by die
Buro vir Heraldiek
geregistreer:
Gevierendeel van swart en rooi, 'n goue valhek gespyker van blou; op 'n golwende silwer skildhoof, drie blou skywe, elk belaai met 'n goue fleur-de-lis
. Die helmteken was 'n goue halwe leeu met 'n horing van oorvloed. Die wapenspreuk was "Mutare sperno".
[4]
Afdelingsraad (1)
? Op 'n stadium het die afdelingsraad (die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die munisipale grense) die vorige munisipale wapen oorgeneem.
Afdelingsraad (2)
? Die afdelingsraad het in 1974 'n nuwe wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer:
In groen, 'n hoekige skuinsbalk van silwer in die vorm van 'n letter W tussen twee penninge van goud
. Die helmteken was twee druiwetrosse aan weerskante van 'n rooi stok. Die wapenspreuk was "Fructu noscitur".
[4]
Zwelethemba
? Die Swart woongebied Sidesaviwa het van 1978 tot 1996 sy eie plaaslike owerheid gehad. Die dorpskomitee het in 1989 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer:
Tweelingkepersgewys deursnede, rooi en swart, twee silwer aanstotende kepers vergesel in die skildhoof van 'n byekorf, die skildvoet getralie, alles goud
. Die helmteken was 'n swart muurkroon.
[4]
50 grootste nedersettings in
Suid-Afrika
volgens bevolking
|
---|
|