The
tuin van Eden
(
Hebreeus
: ??????????,
gan-???en
), ook die
Paradys
genoem, is die
Bybelse
"tuin van God" wat in
Genesis
en
Esegiel
beskryf word.
[2]
[3]
Genesis 13:10 verwys na die "tuin van God",
[4]
en die "bome van die godetuin Eden" word in Esegiel 31 genoem.
[5]
[5]
Ook
Sagaria
en die
Psalms
verwys na bome en water, sonder om Eden spesifiek te noem.
[6]
Die naam kom van die
Akkadiese
edinnu
, van ’n
Sumeriese
woord
edin
, wat beteken "
vlakte
" of "
steppe
"; dit is naby verwant aan ’n
Aramese
stam wat "vrugbaar, met baie water" beteken.
[3]
Nog ’n verklaring verbind die naam met ’n Hebreeuse woord vir "genot"; daarvolgens sou Genesis 2:8 se "tuin in Eden" vertaal kon word as "tuin van genot". Die Hebreeuse woord word as "genot" vertaal in
Sara
se gedagtes in Genesis 18:12.
Nes die verhaal van die
Sondvloed
, die
Skepping
en die
toring van Babel
in Genesis, het die verhaal van Eden elemente van die antieke
Mesopotamiese
mite
van ’n koning, as die eerste man, wat in ’n goddelike tuin geplaas word om die
boom van die lewe
te bewaak.
Die
Hebreeuse Bybel
vertel van
Adam en Eva
wat nakend in die tuin van Eden rondloop vanwee hulle onskuld.
[8]
Die ligging van Eden word in Genesis beskryf as die oorsprong van ’n rivier wat vier riviere geword het. Die meeste geleerdes beskou die tuin as
mitologies
.
[9]
[10]
[11]
[12]
Onder die wat meen dit het werklik bestaan, is daar verskeie voorstelle oor sy ligging:
[13]
aan die
Persiese Golf
, in Suid-Mesopotamie (nou
Irak
), waar die
Tigris
- en
Eufraatrivier
in die see loop;
[14]
en in
Armenie
.
[15]
[16]
[17]
Die tweede deel van die Skeppingsverhaal in Genesis 2:4-3:24 begin met die Here God wat die eerste mens (Adam) geskep en in ’n tuin geplaas het "in Eden in die ooste".
[18]
"Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis." (Genesis 2:9, 1983-vertaling.)
Die mens kon van al die bome in die tuin eet, behalwe die boom van alle kennis. Daarna het God ’n vrou uit die mens se
ribbebeen
geskep om ’n maat vir hom te wees. In hoofstuk drie word die mens en die vrou deur die slang oorreed om van die verbode vrugte te eet, en hulle is uit die tuin gedryf om te keer dat hulle van die boom van die lewe ook eet en vir altyd lewe.
Gerubs
is oos van die tuin geplaas, asook ’n vlammende
swaard
wat heen en weer beweeg, om toegang tot die boom van die lewe te bewaak. (Genesis 3:24.)
Genesis 2:10-14 noem vier riviere in verband met die tuin van Eden: die Pison, Gihon, Tigris en Eufraat. Daar word ook verwys na die land Kus ? vertaal/vertolk as
Ethiopie
, maar sommige glo dit is
Cossaea
, ’n
Griekse
naam vir die land van die
Kassiete
.
[19]
Die land le noord van
Elam
, net oos van die antieke
Babilon
, en le anders as Ethiopie in die streek wat beskryf word.
[20]
In
Antieke Tye van die Jode
identifiseer die 1ste-eeuse historikus
Josephus
die Pison as wat "die Grieke
Ganges
noem" en die Gehon as die
Nyl
.
[21]
Volgens Lars-Ivar Ringbom is die ligging van die Paradys in
Takab
in Noordoos-
Iran
.
[22]
In Esegiel 28:12-19 dra die profeet Esegiel God se woord oor aan die koning van Tirus: Die koning was "'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap", omring deur kosbare edelstene, van die dag wat hy gemaak is. Hy is uitgebeeld op die heilige godeberg in die tuin van Eden "as die gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou". Maar die koning het gesondig deur onreg en geweld, en daarom is hy uit die tuin van Eden gedryf en op die grond gegooi, waar vuur hom verteer het. "Almal onder die volke wat jou geken het, is skrikbevange oor wat met jou gebeur het. Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword, dit is vir altyd klaar met jou.” (Esegiel 28:19.)
Dit lyk volgens Terje Stordalen of Esegiel se tuin van Eden in
Libanon
was.
[23]
"Dit lyk of Libanon ’n alternatiewe plasing in Fenisiese mites is (soos in Esegiel 28, 13, III.48) van die tuin van Eden,"
[24]
en daar is ’n verband tussen die paradys, die tuin van Eden en die woude van Libanon (wat moontlik simbolies gebruik is) in profetiese geskrifte.
[25]
Edward Lipinski en Peter Kyle McCarter het voorgestel die Sumeriese paradys, die oudste Sumeriese weergawe van die tuin van Eden, vind aansluiting by ’n bergheiligdom in die Libanon- en die Anti-Libanonbergreeks.
[26]
- ↑
Gibson, Walter S.
Hieronymus Bosch
. New York: Hudson, 1973. bl. 26.
ISBN 0-500-20134-X
- ↑
Metzger, Bruce Manning; Coogan, Michael D (2004).
The Oxford Guide To People And Places Of The Bible
. Oxford University Press. p. 62.
ISBN
978-0-19-517610-0
. Besoek op
22 Desember
2012
.
- ↑
3,0
3,1
Cohen 2011
, pp. 228?229
- ↑
"oremus Bible Browser : Genesis 13"
.
bible.oremus.org
. Besoek op
31 Oktober
2018
.
- ↑
5,0
5,1
"oremus Bible Browser : Ezekiel 31"
.
bible.oremus.org
. Besoek op
31 Oktober
2018
.
- ↑
Tigchelaar 1999
, p. 37
- ↑
Donald Miller (2007)
Miller 3-in-1: Blue Like Jazz, Through Painted Deserts, Searching for God
, Thomas Nelson Inc,
ISBN 978-1418551179
, p.
PT207
- ↑
Levenson 2004
, p. 11
- ↑
Schwartz, Howard; Loebel-Fried, Caren; Ginsburg, Elliot K. (2007).
Tree of Souls: The Mythology of Judaism
. Oxford University Press. p. 704.
- ↑
George, Arthur; George, Elena (2014).
The Mythology of Eden
. Hamilton Books. p. 458.
- ↑
Graves, Robert; Patai, Raphael (1986).
Hebrew Myths: The Book of Genesis
. Random House. p. 315.
- ↑
Wilensky-Lanford, Brook (2012).
Paradise Lust: Searching for the Garden of Eden
. Grove Press.
- ↑
Hamblin, Dora Jane (Mei 1987).
"Has the Garden of Eden been located at last? (Dead Link)"
(PDF)
.
Smithsonian
.
18
(2). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 9 Januarie 2014
. Besoek op
8 Januarie
2014
.
- ↑
Zevit, Ziony. What Really Happened in the Garden of Eden? 2013. Yale University Press, p. 111.
- ↑
Duncan, Joseph E. Milton's Earthly Paradise: A Historical Study of Eden. 1972. University Of Minnesota Press, pp. 96, 212.
- ↑
Scafi, Alessandro. Return to the Sources: Paradise in Armenia, in: Mapping Paradise: A History of Heaven on Earth. 2006. London-Chicago: British Library-University of Chicago Press, pp. 317-322
- ↑
Levenson 2004
, p. 13 "Dit is onduidelik waar die tuin was. Die Tigris en Eufraat is die twee groot riviere van Mesopotamie (nou Irak), maar die Pison is onbekend en die enigste Gihon in die Bybel is ’n fontein in
Jerusalem
(
1 Konings
1.33, 38)."
- ↑
"The Jewish Quarterly Review"
.
The Jewish Quarterly Review
. University of Pennsylvania Press. 64?65: 132. 1973.
ISSN
1553-0604
. Besoek op
19 Februarie
2014
.
- ↑
Speiser 1994
, p. 38
- ↑
Josephus,
Antieke Tye van die Jode
. Boek I, hoofstuk 1, seksie 3.
- ↑
Lars-Ivar Ringbom,
Paradisus Terrestris. Myt, Bild Och Verklighet
, Helsingfors, 1958.
- ↑
Stordalen 2000
, p. 164
- ↑
Brown 2001
, p. 138
- ↑
Swarup 2006
, p. 185
- ↑
Smith 2009
, p. 61
- Brown, John Pairman (2001).
Israel and Hellas, Volume 3
. Walter de Gruyter.
ISBN
9783110168822
.
- Cohen, Chaim (2011). "Eden". In Berlin, Adele; Grossman, Maxine (reds.).
The Oxford Dictionary of the Jewish Religion
. Oxford University Press.
ISBN
9780199730049
.
- Davidson, Robert (1973).
Genesis 1-11
(kommentaar deur Davidson, R. 1987 [Herdruk] uitg.). Cambridge, Engeland: Cambridge University Press.
ISBN
9780521097604
.
- Levenson, Jon D. (2004). "Genesis: Introduction and Annotations". In Berlin, Adele; Brettler, Marc Zvi (reds.).
The Jewish Study Bible
. Oxford University Press.
ISBN
9780195297515
.
- Smith, Mark S. (2009). "Introduction". In Pitard, Wayne T. (red.).
The Ugaritic Baal Cycle, volume II
. BRILL.
ISBN
9004153489
.
- Speiser, E.A. (1994). "The Rivers of Paradise". In Tsumura, D.T.; Hess, R.S. (reds.).
I Studied Inscriptions from Before the Flood
. Eisenbrauns.
ISBN
9780931464881
.
- Stordalen, Terje (2000).
Echoes of Eden
. Peeters.
ISBN
9789042908543
.
- Swarup, Paul (2006).
The self-understanding of the Dead Sea Scrolls Community
. Continuum.
- Tigchelaar, Eibert J. C. (1999). "Eden and Paradise: The Garden Motif in some Early Jewish Texts (1 Enoch and Other Texts Found at Qumran)". In Luttikhuizen, Gerard P (red.).
Paradise Interpreted
. Themes in Biblical narrative. Leiden: Konninklijke Brill.
ISBN
90 04 11331 2
.