Ted Cruz
|
|
VSA-juniorsenator vir
Texas
|
Voorafgegaan deur
|
Kay Bailey Hutchison
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
22 Desember 1970
(
1970-12-22
)
(53 jaar oud)
Calgary
,
Alberta
, Kanada
|
Politieke party
|
Republikeins
|
Kind(ers)
|
2
|
Handtekening
|
|
Rafael Edward Cruz
(gebore
22 Desember
1970
) is 'n
Amerikaanse
politikus en prokureur wat sedert 2013 as die junior VSA-senator vir
Texas
dien. Hy het tweede geeindig tydens die Republikeinse benoemingsproses vir die
2016-verkiesing
.
Cruz het grade in onderskeidelik openbare beleid aan
Princeton-universiteit
en in die regte aan
Harvard se regskool
behaal. Hy het van 1999 tot 2003 verskeie posisies in die regering beklee. Hy was o.m. direkteur van die kantoor van beleidsbeplanning van die Federale Handelskommissie, 'n geassosieerde-adjunk-prokureurgeneraal in die Verenigde State se departement van Justisie, en adviseur vir binnelandse beleid vir
George W. Bush
tydens sy presidensiele veldtog van 2000. Cruz het van 2003 tot 2008 as prokureur-generaal van Texas gedien nadat hy deur Greg Abbott, die latere goewerneur van Texas, aangestel is. Hy was die langsdienende prokureur-generaal in die geskiedenis van Texas, en die eerste
Latyns-Amerikaner
wat in daardie hoedanigheid gedien het. Van 2004 tot 2009 was Cruz 'n adjunk-professor aan die Universiteit van Texas se regsskool in
Austin
, waar hy klas gegee het in litigasie aan die VSA se hooggeregshof.
In 2012 het Cruz die Amerikaanse senaatsetel verower wat deur sy mede-Republikein Kay Bailey Hutchison vakant gelaat is. Hy was die eerste
Latyns-Amerikaanse
senator om Texas te verteenwoordig. In
2016
het Cruz om die presidentskap van die Verenigde State meegeding, en in 12 state eerste gekom as die Republikeinse kandidaat, voordat hy aan die wedloop onttrek het. Hy is in 2018 weer tot die Senaat verkies en het die
Demokratiese
uitdager Beto O'Rourke met 'n marge van 50,9% tot 48,3% geklop in die duurste senaatsveldtog in die geskiedenis van die VSA. Saam met Bob Menendez en Marco Rubio is Cruz een van drie huidige Amerikaanse senatore wat van
Kubaanse
afkoms is.
Senator Cruz het heftige kritiek gelewer op die hooggeregshof van die Verenigde State se beslissing in
Department of Homeland Security v. Regents of the University of California
om President Obama se uitgestelde-aksie-vir kinderaankomings-program (DACA) te behou, waarvan die meerderheidsuitspraak deur Regter John Roberts geskryf is.
[1]
Rafael Edward Cruz is op
22 Desember
1970
gebore
[2]
[3]
in die Foothills Mediese sentrum
[4]
[5]
in
Calgary, Alberta
, Kanada as die seun van Eleanor Elizabeth (
nee
Darragh) Wilson en Rafael Cruz. Eleanor Wilson is in
Wilmington, Delaware
gebore. Van haar voorsate, was ongeveer 'n driekwart
Iers
en 'n kwart
Italiaans
. Sy het in die vyftigerjare 'n voorgraadse graad in wiskunde aan die Rice-universiteit behaal.
Cruz se vader het in
Kuba
grootgeword. Hy het Kuba in 1957 verlaat om aan die Universiteit van Texas in Austin te studeer, en het vervolgens politieke asiel in die VSA verkry nadat sy studentevisum van vier jaar verstryk het. Hy het in 1973 Kanadese burgerskap ontvang en in 2005 'n genaturaliseerde Amerikaanse burger geword.
Ten tyde van sy geboorte het Ted Cruz se ouers reeds vir drie jaar in Calgary gewoon. Hulle was werksaam in die oliebedryf as die eienaars van 'n seismiese-dataprosesseringfirma vir oliebore. Cruz het al gese dat hy die seun is van "twee wiskundiges/rekenaarprogrammeerders". In 1974 het Cruz se vader die gesin verlaat en na
Texas
verhuis.
[6]
Later die jaar het Cruz se ouers versoen geraak, en verhuis die gesin na Houston. Sy ouers is in 1997 geskei. Cruz het twee ouer halfsusters, Miriam Ceferina Cruz en Roxana Lourdes Cruz, uit sy vader se eerste huwelik. Miriam is in 2011 oorlede.
[7]
Cruz was 'n leerling in twee privaathoerskole:
Faith West Academy
, naby Katy, Texas;
[8]
en die
Second Baptist High School
in
Houston
, waaraan hy in 1988 gematrikuleer het.
[9]
Cruz was tydens sy hoerskoolloopbaan deel van 'n Houston-gebaseerde groep wat destyds bekend gestaan het as die
Free Market Education Foundation
, 'n program wat hoerskoolstudente bekend maak met die filosofiee van ekonome soos
Milton Friedman
en
Frederic Bastiat
.
[10]
Cruz het in 1992
cum laude
aan
Princeton-universiteit
gegradueer met 'n
BA
in openbare beleid
[11]
aan die Woodrow Wilson-skool vir openbare en internasionale sake.
[2]
Terwyl hy aan Princeton was het hy meegeding aan die Amerikaanse
Whig-Cliosophic Society
se debatpaneel en die toekenning vir die beste spreker tydens beide die 1992
Amerikaanse Nasionale Debat-kampioenskap
en die 1992
Noord-Amerikaanse Debat-kampioenskap
verower. In 1992 is hy as die VSA se
Spreker van die Jaar
aangewys en, saam met sy debatvennoot David Panton, as span van die jaar deur die Amerikaanse parlementsdebatvereniging. Cruz en Panton het later Harvard se regsskool verteenwoordig tydens die wereldkampioenskap vir debatteerders in 1995, maar in die halfeindronde verloor teen 'n span van Australie. Princeton se debatspan het hul jaarlikse beginnerkampioenskap na Cruz vernoem.
[12]
Cruz se 115-bladsy senior proefskrif aan Princeton ondersoek die skeiding van magte-beginsel; die titel,
Clipping the Wings of Angels: The History and Theory behind the Ninth and and Tenth Amendments of the United States Constitution,
is geinspireer deur 'n passasie wat toegeskryf word aan
James Madison
: "Indien engele regeer het, sou nog eksterne nog interne beheermaatreels oor die regering nodig gewees het." Cruz voer daarin aan dat die opstellers van die Grondwet beoog het om hul kiesers se regte te beskerm, en dat die laaste twee artikels in die Handves van Regte 'n eksplisiete versperring teen 'n oppermagtige staat daarstel.
[13]
Nadat hy aan Princeton afstudeer het, het Cruz by Harvard se regsskool gestudeer en in 1995
magna cum laude
gegradueer met 'n Juris Doctor-graad.
[2]
Terwyl hy by Harvard regsskool was, was hy redakteur van die
Harvard Law Review
, die uitvoerende redakteur van die
Harvard Journal of Law and Public Policy
, en 'n stigtersredakteur van die
Harvard Latino Law Review
. Met verwysing na Cruz se tyd as student aan Harvard regskool, het professor
Alan Dershowitz
gese, "Cruz was uiters briljant". Cruz was Harvard-regsskool se
John M. Olin genoot in die regte en ekonomie
.
[14]
Cruz dien op die raad van adviseurs van die
Texas Review of Law and Politics
.
Kommentaar op president Trump
[
wysig
|
wysig bron
]
Cruz, wat een van
Donald Trump
se felste kritici was tydens die presidensiele veldtog in 2016, het 'n belangrike bondgenoot van president Trump in die senaat geword.
[15]
Aan die einde van Januarie 2017, nadat Trump die destydse kandidaat Neil Gorsuch as sy genomineerde vir die Hooggeregshof aangewys het, het Cruz Gorsuch in 'n skriftelike verklaring geprys as "briljant en uiters talentvol". Op 23 Februarie, terwyl hy tydens die CPAC in 2017 gepraat het, het Cruz uitgewys dat president Trump jong regters in die vorm van Scalia en Clarence Thomas moes benoem. Op 1 Maart het Cruz Trump se gesamentlike toespraak aan die Kongres die vorige dag "positief" genoem. Cruz het gese dat hy tydens sy besoek aan die landgoed Mar-a-Lago op 18 Maart met groepe wat verbonde is aan president Trump gepraat het terwyl hy besig was met onderhandelings oor die Amerikaanse Wet op Gesondheidsorg.
[16]
Op 6 April, kort na die Shayrat-missielaanval, het Cruz 'n verklaring uitgereik waarin hy betoog het dat president Trump 'n beroep op die Kongres moet doen om "militere optrede in
Sirie
" om te verhoed dat Islamitiese terroriste wapens verkry wat in Sirie gestoor word.
[17]
Cruz het in April 2018 geskryf: "President Trump doen waarvoor hy verkies is: om die status quo te ontwrig."
[18]
Nadat Iran twee Amerikaanse militere basisse in Irak aangeval het, het Cruz in Januarie 2020 opmerkings gemaak oor die verandering in Iran se beleid onder president Trump, en gese dat Obama se beleid 'n
paaibeleid
was en dat die missiele wat gebruik is om die basisse aan te val, met geld gekoop is wat deur die Obama-administrasie aan Iran verskaf is.
[19]
Wrywing met mede-Republikeinse lede van die Kongres
[
wysig
|
wysig bron
]
Cruz het al by tye hewige woorde teen mede-Republikeinse politici gebruik, en sy verhoudinge met verskillende Republikeinse lede van die Kongres was derhalwe al gespanne.
[20]
[21]
In 2013 het Cruz Republikeine wat hy meen onvoldoende teenstand teen Obama se voorstelle bied as 'n "oorgawe-koukus" getipeer. Hy het ook mede-Republikeine tydens 'n
Tea Party
-saamtrek as "manteldraaiers" beskryf rakende kwessies soos wapenbeheer. Cruz se rol in die sluiting van die federale regering van die Verenigde State in 2013 het veral kritiek uitgelok deur 'n aantal Republikeinse kollegas. Daar is berig dat die Republikeinse senator
John McCain
veral nie gaande was oor Cruz nie; In 'n toespraak op die vloer van die Senaat in 2013 het McCain Cruz se verwysings na Nazi's veroordeel toe die Wet op Bekostigbare Sorg bespreek is. Tydens die 2016 Republikeinse presidensiele voorverkiesings het John Boehner Cruz beskryf as "Lucifer in die vlees", terwyl
Lindsey Graham
tydens 'n onderhoud gese het: "As jy Ted Cruz op die vloer van die Senaat doodgemaak het, en die verhoor was in die Senaat, sou niemand jou skuldig bevind nie."
[22]
In 'n polemiek op die vloer van die Senaat in Julie 2015 het Cruz die Senaat se Republikeinse leier,
Mitch McConnell
, daarvan beskuldig dat hy " 'n leuen" vertel oor sy voorneme om weer die Uitvoer-invoer Bank van die Verenigde State, wat Cruz teenstaan, te bemagtig.
[23]
Volgens
Reuters
was Cruz se "woedende uitbarsting" ongewoon in die hartlike atmosfeer van die Senaat.
[24]
In dieselfde toespraak het Cruz die "Republikeinse meerderheid in albei huise van die Kongres" aangeval vir wat Cruz 'n onvoldoende konserwatiewe rekord noem. Cruz het beweer dat McConnell 'n stemming oor die Uitvoer-invoer Bank beplan as deel van 'n ooreenkoms om Demokrate soos Maria Cantwell te oorreed om op te hou om 'n handelswetsontwerp te blokkeer; McConnell het ontken dat daar 'n "ooreenkoms" was, en dit was hierdie ontkenning wat Cruz 'n leuen genoem het. Orrin Hatch het gese dat McConnell wel belowe het om Cantwell te help om 'n stem oor die Uitvoer-invoerbank te kry.
[25]
Mike Lee van
Utah
is een van Cruz se grootste bondgenote in die Senaat.
[26]
[27]
Cruz het met trots gepraat oor die feit dat hy min bondgenote het, en in Junie 2015 gese hy is beswadder omdat hy "die Washington-kartel" beveg het.
[28]
Toe Boehner in September 2015 aankondig dat hy uit die Huis van Verteenwoordigers sal bedank, het Cruz sy kommer uitgespreek dat Boehner voor sy bedanking moontlik " 'n ooreenkoms met Nancy Pelosi onderhandel het om die Obama-administrasie te finansier vir die res van die ampstermyn daarvan". Die volgende maand het die begrotingsooreenkoms in die Huis geslaag met 'n stemming van 266 tot 187, met eenparige steun van Demokrate en Boehner, wat die skuldplafon tot Maart 2017 opgehef het, met Cruz wat die ooreenkoms "volkome oorgawe" genoem het.
[29]
Cruz is een van die Republikeine van die Senaat wat ten gunste is van die "kernopsie" (
"Nuclear option"
), "ten einde die oorweging van president Trump se genomineerdes, in die lig van die Demokrate se ongekende teenstand, te bespoedig". Deur die Senaat se reels na 'n eenvoudige meerderheidstem te verander, sou dit "'n vinniger tempo vir president Trump se genomineerdes vir die howe verseker".
[30]
Cruz is op 27 Mei 2001 met Heidi Nelson getroud; hulle het twee dogters, Caroline en Catherine.
[31]
Die egpaar het mekaar ontmoet toe Cruz aan George W. Bush se presidentsveldtog in 2000 gewerk het. Heidi het in 2016 afskeid geneem van haar pos as hoof van die suidwestelike streek in die beleggingsbestuur-afdeling van Goldman, Sachs & Co. ten einde Ted Cruz se veldtog vir die Amerikaanse presidentskap te ondersteun.
[32]
Sy het voorheen in die
Withuis
gewerk vir
Condoleezza Rice
en in New York as 'n beleggingsbankier.
Cruz het al grappenderwys gese: "Ek is Kubaans, Iers en Italiaans, en tog het ek op die een of ander manier opgeeindig om deel van die suidelike Baptiste te wees." Hy dra graag cowboy-stewels, maar het hom daarvan weerhou toe hy in die Rehnquist-hof betoe gelewer en geargumenteer het.
[33]
- ↑
https://townhall.com/tipsheet/cortneyobrien/2020/06/19/ted-cruz-daca-response-n2570904
Opgespoor en besoek op 19 Junie 2020; Aanhaling (Sen. Cruz): "Today's decision from the Supreme Court in the Department of Homeland Security v. Regents of the University of California, is disgraceful."
- ↑
2,0
2,1
2,2
"CRUZ, Rafael Edward (Ted) ? Biografiese Inligting"
(in Engels). Bioguide.congress.gov.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 September 2019
. Besoek op
27 April
2013
.
- ↑
U.S. senator Ted Cruz
Geargiveer
5 April 2016 op
Wayback Machine
,
Austin American-Statesman
- ↑
Abel, Allen; Markusoff, Jason (13 Januarie 2016).
"Ted Cruz: Made in Canada"
.
Maclean's Magazine
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020
. Besoek op
15 Januarie
2016
.
- ↑
Panetta, Alexander (9 Mei 2015).
"Birthplace of President Ted Cruz? Calgary homeowner hopes it never happens"
.
Calgary Herald
(in Engels). The Canadian Press.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 September 2019
. Besoek op
15 Januarie
2015
.
Steward is pretty sure the American conservative began life at the Foothills Medical Centre ? a government-run, Canadian socialist hospital.
- ↑
Larson, Leslie.
"Ted Cruz plans to renounce Canadian citizenship"
,
Daily News, New York
(30 Desember 2013).
- ↑
Ted Cruz's Secret Weapon to Win the Right
,
National Journal
, Andy Kroll, 25 Junie 2012 besoek op 11 November 2015.
- ↑
Eriksen, Helen (11 Augustus 2005).
"Solicitor general carries "supreme" weight with Katy roots"
.
Houston Chronicle
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2008
. Besoek op
2 Oktober
2013
.
- ↑
"Distinguished Alumni"
. Second Baptist School. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 Mei 2015
. Besoek op
22 April
2015
.
- ↑
Lizza, Ryan (19 November 2012).
"The Party Next Time"
. Besoek op
20 Julie
2013
.
- ↑
"Ted Cruz's Biography"
.
Project Vote Smart
(in Engels). Philipsburg, Montana.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2019
. Besoek op
8 Februarie
2016
.
- ↑
Princeton Debate Panel
.
"Cruz Novice Championship"
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 Januarie 2014
. Besoek op
11 Januarie
2014
.
- ↑
Cruz, Ted (2 April 1992).
"Ted Cruz's 1992 "Clipping the Wings of Angels"
"
(in Engels). Princeton University. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 9 Januarie 2013
. Besoek op
28 Februarie
2013
.
- ↑
"R. (Ted) Edward Cruz, Attorney Biography"
.
Wayback Machine
(in Engels). Houston, Texas: Morgan, Lewis & Bockius LLP. 29 Maart 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 21 Mei 2010
. Besoek op
30 Desember
2013
.
R. (Ted) Edward Cruz is 'n vennoot in Morgan Lewis se litigasiepraktyk en lei die firma se Hooggeregshof- en Appel-litigasiepraktyk.
- ↑
Skibba, Ramin (13 Januarie 2017).
"How Cruz and Trump learned to like each other"
.
Politico
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2020
. Besoek op
23 Junie
2018
.
- ↑
"Cruz: I negotiated health care at Mar-a-Lago"
.
Politico
(in Engels). 19 Maart 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2019.
- ↑
Byrnes, Jesse (6 April 2017).
"Cruz: Trump should make the case for military action in Syria"
.
The Hill
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019.
- ↑
Cillizza, Chris.
"Ted Cruz's embarrassing ode to Donald Trump is why people hate politicians"
(in Engels). CNN.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 16 November 2018
. Besoek op
6 Junie
2018
.
- ↑
Hains, Tim (8 Januarie 2020).
"Cruz: Missiles Iran Used To Attack U.S. Bases In Iraq Were "Paid For By...The Obama Administration"
"
.
www.realclearpolitics.com
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020
. Besoek op
8 Januarie
2020
.
- ↑
Rachel Weiner,
Ted Cruz shies away from some harsh rhetoric
,
The Washington Post
(31 Julie 2013).
- ↑
Arit John,
All of Ted Cruz's Republican Critics
Geargiveer
8 Mei 2016 op
Wayback Machine
,
The Atlantic
(26 September 2013).
- ↑
Treyz, Catherine (26 Februarie 2016).
"Lindsey Graham jokes about how to get away with murdering Ted Cruz"
.
CNN
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020
. Besoek op
28 April
2016
.
- ↑
David Morgan & Richard Cowan,
Republican White House hopeful Cruz calls McConnell a liar
Geargiveer
18 November 2015 op
Wayback Machine
, Reuters (24 Julie 2015).
- ↑
Manu Raju,
Cruz accuses Mitch McConnell of telling a 'flat-out lie'
,
Politico
(24 Julie 2015).
- ↑
DeBonis, Mike.
"Ted Cruz to GOP leader: You lied"
,
The Washington Post
(24 Julie 2015).
- ↑
Jonathan Capehart,
How Mitch McConnell went gangsta on Ted Cruz and Mike Lee
,
The Washington Post
(29 Julie 2015).
- ↑
Manu Raju & Burgess Everett,
Senate smackdown: Cruz, Lee efforts squelched: The rift between Mitch McConnell and Ted Cruz widens
,
Politico
(27 Julie 2015).
- ↑
Todd J. Gillman,
Cruz says he's vilified for fighting the 'Washington cartel'
,
Dallas Morning News
(24 Junie 2015).
- ↑
Arkin, James.
"House Passes Budget, Debt Ceiling Agreement"
,
Real Clear Politics
(29 Oktober 2015).
- ↑
Bolton, Alexander.
"GOP faces internal battle over changing Senate rules"
.
The Hill
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019
. Besoek op
24 Mei
2018
.
- ↑
"Ted Cruz's daughter, 2: 'I want to work with daddy'
"
.
The Washingtion Times
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2020.
- ↑
Plott, Elaina.
"Heidi Cruz Didn't Plan for This"
.
The Atlantic
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020.
- ↑
Kelly, Amita. (23 Maart 2015). "What You Need To Know About Ted Cruz".
NPR
besoek op 19 Desember 2019.