Die
Russies-Ortodokse Kerk
(
Russies
: Ру?сская правосла?вная це?рковь,
Roesskaja prawoslawnaja tserkof
) is ’n
outokefale
Oosters-Ortodokse Kerk
wat sedert 15 Oktober 2018 nie meer in volle gemeenskap met die
Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel
is nie. Die primaat van die kerk het die titel Patriarg van Moskou en die Hele Rusland.
Die Kerk het kerklike jurisdiksie oor verskeie Ortodokse kerke buite Rusland, soos die Outonome Oekraiens-Ortodokse Kerk, maar ondervind spanning met die kerk weens skismatiese groepe wat deur die huidige regering gesteun word.
[1]
Die debat oor die erkenning van ander Ortodokse kerke as outokefaal het ook spanning tussen die Russies-Ortodokse Kerk en die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel veroorsaak.
[2]
Die Russiese Kerk ontstaan in
988
, toe grootprins
Wladimir die Grote
van
Kief-Roes
die Christelike geloof aanneem as die land se amptelike godsdiens.
Die Kiefse Kerk val aanvanklik onder die
Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel
en die
Bisantynse
patriarg stel die aartsbiskop aan wat hoof van die Russiese Kerk is. In
1054
is die Russiese Kerk deel van die Oosters-Ortodokse Kerk wat ontstaan na die skeuring in die kerk van die
Romeinse Ryk
bekend as die
Oos-Wes-skisma
. In
1448
maak die Russiese biskoppe hulle los van die Patriargaat van Konstantinopel. Sedertdien is dit ’n
outokefale
, administratief selfregerende kerk. Vyf jaar later val Konstantinopel in die hande van die
Ottomaanse Ryk
en in Rusland ontstaan die teorie dat Moskou die "Derde Rome" is en die Christelike (Ortodokse) keiserryk moet voortsit. In
1589
neem die aartsbiskop van Moskou met die toestemming van die patriarg van Konstantinopel die titel patriarg aan.
In die middel van die
17de eeu
voer die destydse patriarg van Moskou,
Nikon
, hervormings deur in die Russies-Ortodokse rite. Baie gelowiges betwis die wetlikheid van hierdie kerkhervormings en onder leiding van aartspriester
Awwakoem
staan hulle dit sterk teen. Die stryd word besleg in die guns van die hervormingsgesindes en dit lei in 1666?1667 tot ’n skeuring (Russies: раскол;
raskol
) in die Kerk. ’n Banvloek word oor die ou rite uitgespreek en die aanhangers daarvan word as skismatici (раскольники;
raskolniki
) bestempel en vir ’n baie lang tyd vervolg. Hulle noem hulself
Ougelowiges
(Староверы). Die banvloek is eers in 1971 deur die
Patriargaat van Moskou
opgehef.
Die Ougelowiges verskil steeds van die Russies-Ortodokse Kerk. Een van die belangrikste verskille is die manier waarop die kruisteken gemaak word. Die Ougelowiges doen dit met twee vingers as teken van die dualiteit van Christus die Seun van God en Christus die Mens. Die amptelike Kerk maak die teken met drie vingers as simbool van die Heilige Drie-eenheid (
Vader
,
Seun
en
Heilige Gees
).
Vervolging en herlewing
[
wysig
|
wysig bron
]
Na die
Russiese Rewolusie
van
1917
, tydens die kommunistiese era, is die Kerk vervolg. Biskoppe, priesters en ander gelowiges is gearresteer en tereggestel.
Kloosters
is gesluit en talle kerke is verniel of as pakhuise, bioskope en gemeenskapsale ingerig.
Nadat
Nazi-Duitsland
die
Sowjetunie
in
1941
ingeval het, laat
Josef Stalin
die Russies-Ortodokse Kerk herleef om patriotiese ondersteuning van die Russiese deelname aan die oorlog aan te moedig.
[3]
Op
4 September
1943
kry die aartsbiskoppe
Sergius (Stragorodski)
,
Aleksi (Simanski)
en Nikolai (Jaroesjewitsj) toestemming om op 8 September ’n raad byeen te roep wat Sergius verkies tot patriarg van Moskou en die hele Rusland. Dit word deur sommige kerklikes beskou as ’n oortreding van die XXXIV Apostoliese Kanon aangesien geen kerkhierarg deur ’n niekerklike owerheid ingeseen kan word nie.
[4]
[5]
’n Nuwe patriarg word gekies, teologiese skole geopen en duisende kerke weer in gebruik geneem. Die Moskouse Teologiese Akademie-kweekskool, wat in
1918
gesluit is, word ook heropen.
Tussen
1945
en
1959
word die amptelike organisasie van die Kerk baie uitgebrei. Teen
1957
is sowat 22 000 Russies-Ortodokse kerke weer aktief.
In 1959 begin
Nikita Chroesjtsjof
egter sy eie veldtog teen die Kerk en sowat 12 000 kerke word gedwing om hul deure te sluit. Teen
1985
is daar minder as 7 000 kerke oop. Lede van die kerkhierargie word uitgedwing en in die tronk gestop en hul plekke word ingeneem deur "gehoorsame" kerklikes, van wie talle na bewering bande met die
KGB
het.
Sedert die val van die Sowjetunie gaan die Russies-Ortodokse Kerk deur ’n soort
renaissance
.
Die liturgie en rite van die Russies-Ortodokse Kerk kom grootliks ooreen met die van ander Oosters-Ortodokse Kerke, wat ook uit die Kerk van Bisantium ontwikkel het. Tipies is dat die kruisteken gemaak word vanaf die voorkop, via die regterskouer na die linkerskouer met drie vingers nes in die
Grieks-Ortodokse Kerk
. In die kerkdienste word die hoogtepunte soos die geboorte, dood en opstanding van
Christus
herdenk. Geen
musiekinstrumente
word gebruik nie. Daar is egter baie koorsang. Die lidmate staan soms ure aaneen om saam te aanbid.
Die kerk is sterk verteenwoordig in die lande van die voormalige Sowjetunie. Die Belarussies-Ortodokse Kerk en die Oekraiens-Ortodokse Kerk val onder die Russiese Kerk. ’n Deel van die Oekraiens-Ortodokse Kerk het egter afgestig en het hul eie patriargaat van
Kief
. Die Russies-Ortodokse Kerk word ook verteenwoordig in
Europa
,
Amerika
en
Oseanie
.
Die Russies-Ortodokse Kerk kry dikwels kritiek oor sy invloed op die Russiese
politiek
en openbare lewe. So word soms anti-semitiese berigte gepubliseer in nuusbronne van plaaslike bisdomme, word baie ander geloofsoortuigings soos die
Jehovasgetuies
,
Mormone
,
Rooms-Katolieke Kerk
,
Hare Krishnas
en
Protestantse
kerke "sektes" genoem en word in plaaslike kerke oproepe gedoen dat hul dienste versteur word en hulle selfs geweld gebruik teen hierdie "ongelowiges".
In Rusland is daar amptelik vryheid van godsdiens, maar invloedwerwers van die Russies-Ortodokse Kerk probeer die vryheid weer inperk, onder meer deur die verpligte registrasie van kerke. Dit lyk egter nie of die Kerk sy monopolie kan handhaaf nie. Benewens ander gelowe is baie Russe ook ateisties, of hulle staan minstens onverskillig teenoor godsdiens.