in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Republiek van Swellendam
kom tot stand toe sowat sestig
Kaapse
burgers op
17
en
18 Junie
1795
onder leiding van
Petrus Delport
die drostdy beset en die
landdros
van
Swellendam
,
Anthonie Faure
en sy amptenare dwing om te bedank.
Hermanus Steyn
word as President verkies.
[1]
Die voorval vind plaas enkele maande na
Marthinus Prinsloo
'n waarnemende regering in die
Colonie van Graaff-Reinet
op
4 Februarie
1795 vestig. Die
opstand
en selfregering is gemotiveer deur ongelukkigheid met
belastingbetaling
aan die
Kompanjie
en die verbod op die
inboek
van
Khoikhoi
-kinders op plase. Hoewel 'n
nasionale landdros
aangestel is en die
nasionale konvensie
as regering gedien het, is die regering in
Vrye Republiek van Nederland
erken en is daar nie beoog om 'n
republiek
te stig nie.
Die kortstondige onafhanklikheid van die gebied kom tot 'n einde kort na die
Britse
besetting van die Kaap in September 1795.
|
---|
Gestig tussen 1795 en 1830
| |
---|
Gestig tussen 1830 en 1840
| |
---|
Gestig tussen 1840 en 1870
| |
---|
Gestig tussen 1880 en 1902
| |
---|