in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Ptolemeiese Ryk
(
Grieks
: Πτολεμα?κ? βασιλε?α,
Ptolemaik? Basileia
)
[1]
was ’n
Hellenistiese koninkryk
in
Antieke Egipte
. Dit is deur
Ptolemeus I Soter
gestig na die dood van
Alexander die Grote
in 323 v.C., en het geeindig met die dood van
Cleopatra VII
en die
Romeinse
verowering van Egipte in 30 v.C.
Die stigter van hierdie dinastie was
Ptolemeus I Soter
wat 'n generaal in
Alexander die Grote
se leer was en van hom die posisie van
satraap
(goewerneur) van die provinsie Egipte ontvang het, nadat Alexander se eerste satraap Kleomenes vanwee korrupsie afgesit, bereg en gedood is. Na Alexander se dood het Ptolemeus aanvanklik die gesag van die regent Perdikkas in
Babilon
erken, maar in 321 v.C. het Ptolemeus Perdikkas se leer naby
Memfis
verslaan en het hy koning van 'n onafhanklike ryk geword.
In 305 v.C. het Ptolemeus I Soter homself tot
farao
van Egipte verklaar en ’n magtige Hellenistiese dinastie gestig wat gestrek het van Suid-
Sirie
tot Cyrene in
Libie
, en suid tot by
Nubie
.
Alexandrie
het die hoofstad geword en was ’n sentrum vir Griekse kultuur en handel.
Hoewel die Ptolemeiese koninkryk ook buite Egipte gebiede beheers het, was Egipte die hartland en het Ptolemeus as farao opgetree. Sy Egiptiese naam was Meryamon Setepenre
Geliefd deur Amon, gekies deur Ra
.
[2]
Verhouding met die bevolking
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Ptolemeiese konings het hulself die opvolgers van die farao's genoem om erkenning te kry onder die Egiptiese bevolking. Die latere Ptolemeers het die Egiptiese tradisie gevolg om met hul susters te trou en het hulself op openbare monumente laat uitbeeld in 'n Egiptiese kunsstyl. Hulle het ook deelgeneem aan die Egiptiese godsdienslewe.
Die Ptolemeers moes egter dikwels rebellies onderdruk en was betrokke in buitelandse en burgeroorloe wat gelei het tot die verval van die ryk en sy anneksasie deur die
Romeinse Ryk
. Die Hellenistiese kultuur het in Egipte floreer regdeur die Romeinse en die
Bisantynse
tydperk tot met die
Moslemse
verowering van die land.
Die laaste farao was
Cleopatra VII
. In haar tyd het die mag van die Romeine so groot geword dat Egipte 'n Romeinse provinsie geword het. Kleopatra het geprobeer om dit teen te hou deur eers 'n verhouding met
Julius Caesar
te begin. Hulle het 'n seun
Caesarion
gehad. Later het sy 'n verhouding met
Marcus Antonius
gehad. Hy het egter die
burgeroorlog
teen
Octavianus
verloor. Beide die Romeinse Drieman Markus Antonius en die Egiptiese koningin het selfmoord gepleeg en Egipte het 'n Romeinse provinsie geword.
- ↑
Diodorus Siculus,
Bibliotheca historica
, 18.21.9
- ↑
"tour Egypt"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019
. Besoek op
17 Januarie
2017
.