in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- Hierdie artikel handel oor die stad in die Verenigde State. Vir die dorp in Suid-Afrika, sien gerus
Philadelphia, Wes-Kaap
.
Philadelphia
is die grootste stad in die
Amerikaanse
deelstaat
Pennsilvanie
en die sesde grootste in die Verenigde State met 'n bevolking van sowat 1,57 miljoen. Philadelphia is die administratiewe setel van die Philadelphia-distrik (
Engels
:
Philadelphia County
) en 'n belangrike nasionale handel-, onderwys- en kulturele sentrum. Die metropolitaanse gebied van Philadelphia-Camden-
Wilmington
is die vyfde grootste in die Verenigde State met sowat 6 miljoen inwoners (2015).
Independence Hall, noordfasade - 'n
Unesco
-
werelderfenis
Assembly Room, Independence Hall
, met lewensgroot figure van Benjamin Franklin en ander ondertekenaars van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring
Sy Heiligheid
Pous Franciskus
het op 26 September 2016 'n historiese besoek aan die Independence Hall gebring. Hier gesels hy met U.S. Secretary of the Interior, Sally Jewell, en Jonathan B. Jarvis, direkteur van die Nasionale Parkdiens. Independence Hall maak deel uit van die
Independence National Historic Park
in die Old City-buurt van Philadelphia
Freedom is a Light for Which Many Men Have Died in Darkness
Graf van die Onbekende Rewolusionere Soldaat, Washington Square
Delaware River Waterfront
Feestelike verligting van 30th Street Station ter geleentheid van die
2016 Democratic National Convention
, die Nasionale Vergadering van die
Demokratiese Party
in 2016
Philadelphia word dikwels
The City of Brotherly Love
("Die Stad van Broederlike Liefde") genoem, afgelei van die betekenis van sy
Griekse
naam: Φιλαδ?λφεια, /fi.la.?d?l.f?j.a/, "broederlike liefde" van Grieks
philos
"liefde" en
adelphos
"broeder".
Philadelphia, wat in die
18de eeu
ook as die eerste Amerikaanse
hoofstad
gedien het, was destyds die grootste stad in die Verenigde State en die tweede grootste in die
Britse Ryk
na
Londen
. Ten opsigte van sy politieke en sosiale belangrikheid het dit selfs
Boston
en
New York Stad
oortref en het veral danksy die invloed van
Benjamin Franklin
tot die maatskaplike en geografiese sentrum van die oorspronklike dertien Amerikaanse kolonies ontwikkel. Die idee van 'n onafhanklike Amerikaanse nasie het in hierdie stad ontstaan, en Philadelphia was ook die toneel van belangrike gebeurtenisse gedurende die
Amerikaanse Rewolusie
, die beginpunt van die Amerikaanse vryheid, demokrasie en onafhanklikheid.
- Toerisme