Pergamon
(
Grieks
: Π?ργαμο? of Π?ργαμον,
Latyn
:
Pergamum
) was ’n
antieke Griekse
stad in die huidige
Turkye
. Dit is sowat 26 km van die
Egeiese See
gelee op ’n kaap noord van die rivier Caicus (die huidige
Bakırcay
). Dit het die hoofstad van die
Koninkryk Pergamum
geword tydens die
Hellenistiese tydperk
onder die
Attalidiese dinastie
, 281-133 v.C. Die belangrikste oorblyfsels van die antieke stad is vandag noord en wes van die moderne stad
Bergama
. Pergamon is in 2014 deur
Unesco
tot
werelderfenisgebied
verklaar.
Die Attalidiese koninkryk het ontstaan op die oorblyfsels van die eertydse
Koninkryk Thracie
. Die Attaliede, die afstammelinge van
Attalus I
wat in 281 v.C. aan die bewind gekom het na die verval van die Koninkryk Thracie, was van die mees lojale Griekse ondersteuners van die
Romeinse Republiek
. Onder Attalus (241-197 v.C.) het hulle saam met Rome gespan teen
Philippos II van Masedonie
tydens die Eerste en die Tweede Masedoniese Oorlog en weer onder
Eumenes II
(197-158 v.C.) teen
Perseus van Masedonie
tydens die Derde Masedoniese Oorlog.
Vir hul steun teen die
Seleukiede
is die Attaliede beloon met die voormalige Seleukiede-gebiede in
Klein-Asie
.
Die Attaliede was intelligent en vrygewig. Griekse stede in hul gebiede het ’n mate van onafhanklikheid behou en hulle het geskenke gestuur na Griekse kulturele gebiede soos
Delphi
,
Delos
en
Athene
. Hulle het die
akropolis
van Pergamum herbou volgens die
Akropolis
in Athene. Toe
Attalus III
(138-133 v.C.) in 133 v.C. sonder ’n erfgenaam dood is, het hy die hele Pergamon aan Rome bemaak om ’n burgeroorlog te voorkom.
Die
Ottomaanse
sultan
Murat III
het twee groot albastervase van die ruines van Pergamum na
Istanboel
geneem waar dit in die
Aya Sophia
gebruik is.
[1]
Die Groot Altaar van Pergamon is in die
Pergamum-museum
in
Berlyn
. Die voetstuk is nog in die Akropolis.
Ander ruines sluit in:
- Die Hellenistiese Teater met sitplek vir 10 000. Dit het die steilste sitplekke gehad van enige teater in die antieke wereld.
[2]
- Die Tempel van
Trajanus
- Die Tempel van
Athena
- Die biblioteek
- Die koninklike paleise
- Die Heroon ? ’n tempel waar die konings van Pergamon, veral Attalus I en Eumenes II, aanbid is.
[3]
- Die Tempel van
Dionysos
- Die Boplein
- Die Romeinse badkompleks
Pergamon se biblioteek was een van die bestes in die antieke Griekse beskawing. Toe die
Ptolemeers
ophou om
papirus
uit te voer, hoofsaaklik weens mededinging en tekorte, het die inwoners van Pergamon ’n nuwe materiaal ontwerp met die naam "perkament", genoem na hul stad. Pergamon se biblioteek het glo 200 000 volumes bevat wat
Markus Antonius
later vir
Cleopatra
gegee het as ’n trougeskenk.
Die onderste deel van die Akropolis het die volgende geboue bevat:
- die boonste gimnasium
- die middelste gimnasium
- die onderste gimnasium
- die Tempel van
Demeter
- die Tempel van
Hera
- die Huis van Attalus
- die Laer Agora
- die Poort van Eumenes
Aan die voet van die Akropolis
[
wysig
|
wysig bron
]
Drie kilometer suid van die Akropolis, onder in die vallei, was die Asklepeion, die oord van die god van genesing,
Asklepios
. Hier kon mense met gesondheidsprobleme in die water van die heilige fontein bad, en Asklepios sou in die pasiente se drome aan hulle verskyn om vir hulle te se hoe om hulle siektes te genees. Argeoloe het al talle geskenke hier opgegrawe wat mense na die tyd gelos het, soos klein terracotta-liggaamsdele, waarskynlik voorstellings van die dele wat genees is.
Belangrike oorblyfsels van die Asklepeion sluit in:
- Die Romeinse teater
- die Noordelike Suilegang
- die Suidelike Suilegang
- die Tempel van Asklepios
- ’n ronde behandelingsentrum
- ’n helende fontein
- ’n ondergrondse gang
- ’n biblioteek
- die Via Tecta (of Heilige Weg, ’n straat na die oord)
Pergamon se ander belangrike gebou is die Serapis-tempel (Serapeum) wat later verander is in die Rooi Basilika-kompleks (of
Kizil Avlu
in Turks), sowat ’n kilometer suid van die Akropolis. Dit bestaan uit ’n hoofgebou en twee ronde torings. In die eerste eeu n.C. was die
Christelike
kerk by Pergamon in die hoofgebou van die Rooi Basilika een van die sewe gemeentes aan wie
Openbaring
gerig is (Openbaring 2:12).
- Hansen, Esther V. (1971).
The Attalids of Pergamon
. Ithaca, New York: Cornell University; Londen
ISBN 0-8014-0615-3
.
- Kosmetatou, Elizabeth (2003) "The Attalids of Pergamon," in Andrew Erskine, red.,
A Companion to the Hellenistic World
. Oxford: Blackwell: ble. 159?174.
ISBN 1-4051-3278-7
.
- Nagy, Gregory (1998). "The Library of Pergamon as a Classical Model," in Helmut Koester, red.,
Pergamon: Citadel of the Gods
. Harrisburg PA: Trinity Press International: 185-232.
- Nagy, Gregory (2007). "The Idea of the Library as a Classical Model for European Culture,"
http://chs.harvard.edu/publications.sec/online_print_books.ssp/
Geargiveer
15 April 2013 op
Wayback Machine
. Center for Hellenic Studies