in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
mark
of
markomgewing
is die omgewing wat onmiddellik buite die
ondernemingsvlak
gelee is en wat die onderneming op verskeie maniere beinvloed. Alhoewel die meeste van hierdie faktore nie deur die besigheid
beheer
kan word nie, is daar tog 'n mate van invloed wat die besigheid kan uitoefen om die markomgewing te beinvloed. Sonder
verbruikers
kan geen besigheid oorleef nie en alhoewel besighede nie aan voornemende verbruikers kan voorskryf wat om te koop of wanneer en waar hulle hul aankope moet doen nie, kan die besigheid in 'n redelike mate die optrede van verbruikers beinvloed, deur seker te maak hulle lewer goeie klientediens, het 'n redelike
prysbeleid
in plek en is terselfdertyd gefokus op die lewering van gehalteprodukte.