in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Joshua Bell
|
---|
|
Agtergrondinligting
|
---|
Gebore
| 9 Desember 1967
(
1967-12-09
)
(56 jaar oud)
Bloomington
,
Indiana
,
VSA
|
---|
Genres
| Klassiek
|
---|
Beroep(e)
| Violis en
dirigent
|
---|
Instrumente
| Viool
|
---|
Jare aktief
| 1980s?teenswoordig
|
---|
Webwerf
| joshuabell.com/
|
---|
Joshua David Bell
(*
9 Desember
1967
? ) is 'n Amerikaanse
violis
en
dirigent
. Sy instrument is die
Gibson Stradivarius
-viool.
Bell het in 1985 op sewentienjarige ouderdom sy buiging by
Carnegie Hall
saam met die St. Louis Simfonieorkes gemaak. Hy het sedertdien saam met verskeie van die wereld se voorste orkeste en dirigente opgetree. Bell het bykomend tot die standaard-concerto repertoire ook nuwe werke uitgevoer. Nicholas Maw se vioolconcerto is aan Bell gewy, wat in 1993 die eerste uitvoering daarvan gelewer het en 'n Grammy vir sy opname daarvan gewen het. Hy het die solodeel van John Corigliano se Oscar-bekroonde klankbaan vir die rolprent
The Red Violin
gespeel. Bell het saam met ander gerekende violiste in die rolprent
Music of the Heart
verskyn, naamlik 'n verhaal oor die krag van musiek.
Bell se instrument is 'n 300-jaar oue Stradivariusviool genaamd die
Gibson ex Huberman
wat in 1713 gemaak is gedurende die tydperk wat vandag as Antonio Stradivari se "Goue Era" bekendstaan. Die viool is twee keer van die vorige eienaar (Bronisław Huberman) gesteel. Die laaste keer het die dief op sy sterfbed bely dat hy dit gesteel het.
[1]
Bell het die viool reeds bespeel, toe die eienaar daarvan op daardie stadium, die violis Norbert Brainin grappenderwys aan Bell gese het dat die viool vir viermiljoen VS-dollar syne kon wees.
Bell was op 3 Augustus 2001 in Londen om tydens die Proms te speel. Hy het voor die konsert by J & A Beare aangeklop. Hy het aldaar te wete gekom dat die viool daar was, en dat dit op die punt was om aan 'n Duitse industrialis verkoop te word ten einde deel van 'n versameling te word. Bell het die viool nog daardie selfde aand tydens die Proms bespeel.
[2]
Hy het later sy vorige viool, die Tom Taylor Stradivarius,
[3]
vir bietjie meer as twee miljoen dollar verkoop en die
Gibson ex Huberman
vir bietjie minder as vier miljoen Dollar aangeskaf. Die verhaal van die diefstal, teruggawe en gevolglike aankoop deur Bell word in die 2013 dokumentere program,
The Return of the Violin
, waarvan Haim Hecht die regisseur is, vertel.
[4]
Bell se eerste opname wat met die viool gemaak was, was
Romance of the Violin
(vir Sony Classical Records) in 2003.
Bell het vanaf 2004 tot 2007 as die kunsvennoot van die
Sint Paul Kamerorkes
gedien, en ook as besoekende professor by die Koninklike Akademie van Musiek in Londen. Hy dien ook op die kunstenaarskeurkomitee vir die
Kennedy Center Honors
en is 'n adjunk-assosiaatprofessor by die Massachusetts Instituut van Tegnologie.
[5]
Die Avery Fisher-prys is op 10 April 2007 by die Lincoln Center in New York Stad aan Bell toegeken. Die prys word elke paar jaar toegestaan aan klassieke instrumentaliste vir uitstaande prestasie. Die Indiana Universiteit se
Jacobs School of Music
het op 3 Mei 2007 aangekondig dat Bell by die fakulteit aangesluit het as 'n senior
lektor
.
[6]
[7]
Bell het saamgewerk met die rolprent-komponis Hans Zimmer deurdat hy solostukke vir die klankbaan van die rolprent Angels & Demons gespeel het, welke rolprent gebaseer is op
Dan Brown
se roman met dieselfde naam.
Bell is in Mei 2011 as die nuwe Musikale Direkteur van die
Academy of St Martin in the Fields
(ASMF) aangewys.
[8]
[9]
Bell het kommersiele opnames saam met die
ASMF
vir die
Sony Classical
plate-etiket gemaak.
[10]
In Julie 2017 het die ASMF die verlenging van Bell se kontrak aangekondig, met inbegrip van 2020
[11]
Bell en die orkes het die 17de (2017) Helpmann Toekenning vir Beste Individuele Klassieke Musiek Uitvoering gewen.
[12]
- ↑
Verwysingfout: Invalid
<ref>
tag; no text was provided for refs named
wp
- ↑
Joshua Bell (26 Januarie 2017).
"Joshua Bell: Here's the story behind my very famous, once-stolen violin"
.
Tampa Bay Times
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2019
. Besoek op
5 Augustus
2017
.
- ↑
"Antonio Stradivari, Cremona, c. 1732, the 'Tom Taylor'"
Geargiveer
7 Februarie 2010 op
Wayback Machine
, besoek, 2 Oktober 2013
- ↑
Andrew Druckenbrod (11 April 2013).
"Joshua Bell treasures the Stradivarius at center of 'Return of the Violin'
"
.
Pittsburgh Post-Gazette
. Besoek op
5 Augustus
2017
.
- ↑
E-strings for the future musician
.
BBC News
, 18 Julie 2002. URL besoek op 28 Januarie 2007.
- ↑
Joshua Bell to join IU Jacobs School of Music faculty
- ↑
"Joshua Bell ? Senior Lecturer in Music (Violin; Chamber Music)"
- ↑
"Joshua Bell is the new music director of the Academy of St Martin in the Fields"
,
Gramophone
, 27 Mei 2011. Opgespoor 29 Mei 2011.
- ↑
"Joshua Bell Named Music Director of Academy of St. Martin in the Fields"
by Rory Williams,
Strings Magazine
(27 Mei 2011
- ↑
Melissa Block (15 Februarie 2013).
"From Bow To Baton: Violinist Joshua Bell Conducts Beethoven"
.
National Public Radio - All Things Considered
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2019
. Besoek op
5 Augustus
2017
.
- ↑
Academy of St Martin in the Fields (27 July 2017).
"Academy of St Martin in the Fields Music Director Joshua Bell renews contract for a further three years"
. Persberig
.
http://www.asmf.org/wp-content/uploads/2017/07/ASMF-2017-18-Season-Press-Release.pdf
. Besoek op 2017-08-02
.
- ↑
"Helpmann Awards 2017 winners: Kosky's
Saul
and Belvoir's
The Drover's Wife
dominate"
by Hannah Francis,
The Sydney Morning Herald
, 25 Julie 2017
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Joshua Bell
.
|