in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Eufemisme
of
versagting
is 'n
woord
, sinsdeel of soms 'n hele sin waarmee iets mooier of vriendeliker voorgestel word as wat dit werklik is. Die felheid daarvan word dus met versagtende woorde of uitdrukkings verbloem.
Eufemismes word gebruik om die negatiewe gevoel wat bedoel word te verdoesel. Woorde of woordgroepe wat as taboe gesien word, word dan vervang met iets wat meer aanvaarbaar sal wees. Met ander woorde: die gebruik van eufemismes word sterk bepaald deur die gevoelswaarde of konnotasie van ander woorde. Dit word dikwels gebruik om die volgende taboes te beskryf: die Opperwese, die duiwel, sondige aktiwiteite, die dood, terminale siektes, fisiese en geestelike afwykings, seks, die skaamdele en uitskeidingsfunksies van die liggaam.
Die woord "eufemisme" is afgelei vanaf
Griekse
ευφημειν
(
euphemein
), wat beteken "met mooi woorde praat".
Eufemismes word gebruik om onaangename sake met
woorde
wat nie aanstoot gee nie te beskryf. Dit word algemeen in
politiek
en openbare verhoudinge ingespan.
Voorbeelde:
- Besuiniging
, beteken besnoeiings weens ekonomiese toestande, ipv om te se besparings.
- Om oor die blommetjies en bytjies te gesels
, om die eerste keer vir 'n kind van
geslagsomgang
te vertel.
- E-posbemarking
, beteken gewoonlik die grootskaalse verspreiding van SPAM.
- Etniese suiwering
, in plaas van die grootskaalse uitmoor van 'n bevolkingsgroep (
volksmoord
).
- Gehoorgestoord
, as
doof
bedoel word.
- Hardhandige ondervraging
, as
marteling
bedoel word.
- Heengaan
, as bedoel word dat die persoon dood is.
- Herorganisasie
, wanneer daar van massa afleggings sprake is.
- Die houtjas aantrek
, sterwe.
- Huispersoneel
of a
lgemene assistent
gebruik vir 'n huishulp of die ouer "bediende".
- Lang vingers
, as na steel verwys word.
- Ongewenste besoek
, wanneer
inbraak
bedoel word.
- Prysaanpassing
, beteken meestal dat die prys styg, dus
prysverhoging
.
- Regstellende aksie
, as rasvoorkeur of
diskriminasie
bedoel word.
- Ruskamer
, eerder as om van 'n toilet te praat.
- Sekswerker
, vir 'n
prostituut
of hoer.
- Stille diplomasie
, as goedkeuring en ratifikasie van ongewensde beleid bedoel word.
- Straatkuns
in stede van
graffiti
.
- Tussen betrekkings
klink beter as werkloos.
- Transformasie
, as
rewolusie
of omverwerping van die huidige bestel bedoel word.
- Uitsit
klink beter as om 'n dier
van kant te maak
.
- Visueel gestrem
, as
blind
bedoel word.
- Woefkardoes
of
brakkiesakkie
, om van oorskietkos te praat na 'n ete.
- Disfemisme
, as iets doelbewus kras gestel word.
- Geringstelling
, wanneer iets om
ironiese
redes sagter gestel word as wat dit werklik is.