Dick Bruna
|
|
Geboortenaam
|
Hendrikus Magdalenus Bruna
|
Geboorte
|
23 Augustus
1927
Utrecht
|
Sterfte
|
16 Februarie 2017 (op 89)
Utrecht
|
Nasionaliteit
|
Nederlands
|
Beroep
|
Digter, lektor, uitgewer
|
Genre
|
Kinderliteratuur
|
Bekend vir
|
Kleintjie (“Nijntje”)
|
Webblad
|
nijntje.nl
|
|
Dick Bruna
(*
23 Augustus
1927
,
Utrecht
? †
16 Februarie
2017
,
Utrecht
) was ’n
Nederlandse
grafiese ontwerper, tekenaar en
skrywer
van kinderboeke. Hy was wereldbekend vir sy kinderboeke oor Kleintjie (“Nijntje” in die oorspronklike Nederlands).
Bruna was die tweede seun van Abs Bruna, ’n uitgewer. Hy is met klompvoete gebore en sy noemnaam was aanvanklik Henk.
[1]
Toe ’n klein seuntjie was, was hy effens geset en het sy moeder hom gevolglik Dikkie genoem.
[1]
Tydens die
Tweede Wereldoorlog
het hy saam met sy gesin vir ’n tyd in Loosdrecht weggekruip omdat sy vader
Arbeitseinsatz
(dwangarbeid) onder die Duitsers wou vermy. Na die oorlop het Bruna vir ’n kort tyd sy skoollopbaan voortgesit. Die bedoeling was dat hy in die familietradisie van uitgewers sou voortgaan. Ter voorbereiding hierop is Bruna na
Londen
en
Parys
. In Parys het hy talle museums besoek en is aldaar geinspireer om ’n kunstenaar te word. Toe hy na Nederland terugkeer het hy gevolglik met studie aan die Amsterdamse Ryksakademie vir beeldende kunste begin maar hy het dit ook nie lank volgehou nie. In plaas daarvan dat hy by A.W. Bruna Uitgewers gaan werk het, het hy as tekenaar begin werk.
Dick Bruna het in 1953 getrou en uit die huwelik is drie kinders gebore. Hy is in Februarie 2017 op 89-jarige leeftyd in sy huis in Utrecht oorlede.
[2]
[3]
[4]
Bruna het sy loopbaan begin met die ontwerp van boekomslae. Tussen 1952 en 1972 het hy ongeveer 1800 omslae ontwerp, waaronder talle in die Zwarte Beertjes-reeks, vir die rillers van die Nederlandse skrywer Havank (
Inspekteur Carlier
oftewel
Die Skadu
) en die skrywers Georges Simenon (
Kommissaris Maigret
), Leslie Charteris (
The Saint
), Jean Bruce (
OSS 117
) en
Ian Fleming
(
James Bond
). Hy het ook tallose plakkate ontwerp, sowel vir die uitgewery as vir ander instellings.
Sy eerste kinderboek,
De Appel
, het in 1953 verskyn. In sy talle kinderboeke is Nijntje ? ’n wit konyn met menslike trekke ? die bekendste karakter. Die eerste Nijntje-boek het in 1955 verskyn. Bruna het die verhaal vir sy seun geteken terwyl hulle aan Egmond aan Zee vakansie gehou het. Hy het sy inspirasie gekry uit ’n konyntjie wat reelmatig by die vakansiehuisie opgedaag het. In 2007 het die aantal kinderboeke wat Bruna gepubliseer het, op 120 gestaan. Ander bekende karakters is die varkie Betje Big, die bere Boris en Barbara en die hond Snuffie. Die koala, Ko, is ’n nuwer karakter. Bruna het ook opvoedkundige boekies oor lees en rekene, kleure en geometriese vorms ontwerp. Die boeke is herkenbaar aan hul vierkantige formaat. Tot 2011 het hy daagliks in sy ateljee in die Utrechtse middestad gewerk.
[5]
Dertig boekies het oor Nijntje se belewenisse verskyn. Hulle is in meer as vyftig tale vertaal met veral hoe oplae in Japan. In latere jare is dit naam Miffy, Miffi of Mifi vir Nijntje gebruik maar in die verlede is ook al ander name gebruik soos in Frans (Mouffe, Petit Lapin), Duits (Nientje, Ninchen), Fins (Milla), Sweeds (Lilla Kanin), Afrikaans (Kleintjie, Katryntjie), Tswana (Kleintjie), Sotho (Monyenyane, Mosetsanyana), Tsonga (Ntsongwana), Siswati (Potjana), Venda (Tshituku), Xhosa (Umifi), Papiaments (Nenchi), Arabies (Naynti), Japans (Usako-chan), Sjinees (Mi fei), Turks (Lale) en Portugees (Coelhinho). Die vertaalde uitgawes in Nederland (Fries en Turks) noem haar bloot nijntje.
Bruna het allerlei plakkate en ander promosiemateriaal vir onder andere op kinders gerigte goeie sake, ontwerp. Op die strand aan Scheveningen staan sy karakters as merkers op hoe pale. Dit is kenmerkend vir al Bruna se kinderwerke. Hy wou dit in ’n veilige omgewing plaas waaruit kinders dit uit hul eie kan ondersoek.
Bruna se tekenstyl is in sy vroegste periode beinvloed deur ontwerpers en skilders uit die Nederlandse skool van De Stijl, soos Bart van der Leck,
Piet Mondriaan
en
Gerrit Rietveld
, en deur die Franse skilders Fernand Leger en
Henri Matisse
.
[3]
Daar is al baie gespekuleer oor die vraag hoe dit gebeur dat die karakters so tot kinders, ouers en oppassers van regoor die wereld spreek. Ten eerste is die tekeninge so eenvoudig, die swart belyning en die beperkte aantal primere en sekondere kleure. Bruna het daarna gestreef om soveel as moontlik lyne weg te laat en slegs die eenvoudigste dog veelseggendste essensie te behou. Daarnaas is ook die manier waarop Bruna oe van belang teken. Nijntje kyk onder meer kykende en ‘lesende’ kinders vanuit die prent altyd reg in die oe, ook as in die prent besig is met iets wat eintlik haar aandag dringend verg, soos fietsry of ’n bal vang. Slegs wanneer die karakters van agter geteken word kyk hulle die leser nie reg in die oe nie.
[6]
[7]
Opvallend is dat die lyne wat Bruna met sy penseel trek rafelrig is vir wie dit onder ’n loep bekyk. Hulle moet, soos hy dit self noem, ’n bepaalde “bibber” he.
[4]
“
|
Dit gaan oor ’n bepaalde bibber (…) ’n Goeie lyn het ’n goeie bibber. Maar die goeie bibber vind ek die allermoeilikste. Die tekenaar is verborge in die bibber.
|
”
|
Te danke aan die wereldwye handeldrywe deur Mercis b.v. in Amsterdam, wat deur sy vriend Pieter Brattinga opgerig is, het Bruna ’n multi-miljoener geword.
Nijntje-produkte word regoor die wereld verkoop. In Nederland is twee Nijntje-winkels:
de winkel van nijntje
in
Maastricht
en in
Amsterdam
.
Dick Bruna is by verskeie geleenthede vereer en ’n aantal tentoonstellings is aan sy werk gewy. Nijntje was die hoofrol van vier suksesvolle kindermusiekblyspele op die teks van Ivo de Wijs en met musiek van Joop Stokkermans. Op 18 Februarie 2006 is die dick bruna-huis in Utrecht, as onderdeel van die Centraal Museum, geopen. Dit is in 2015 tot die nijntje-museum ? ’n kindermuseum vir peuters en kleuters ? omgebou. Benewens die oorsig van Bruna se grafiese werke wat daar te sien is, is dit ’n plek waar kinders kan teken en knutsel. Bruna het meer as 7000 voorwerpe op bruikleen aan die museum beskikbaar gestel. ’n seleksie daarvan word in wisselende tentoonstellings in die museum vertoon. In September 2015 is Bruna se gehele ateljee na die solder van die museum oorgeplaas, insluitend die fiets waarop hy tot op gevorderde leeftyd daagliks tussen sy huis en die nuwe ateljee gery het.
[5]
Tydens die opening van die museum is geboue in Utrecht vir ’n aantal maande lank versier met nijntje-oortjies. In die somer van 2007 het Bruna, ter viering van sy 80ste verjaardag, die goue penning van die stad Utrecht ontvang.
Bruna het in 2011 ’n versameling van sy eie werk vir langdurige bruikleen aan die Rijksmuseum in Amsterdam beskikbaar gestel. Die versameling bestaan ui meer as 120 werke (stofomslae, reklamemateriaal en kinderboeke) van 1953 tot 2007. Op 15 Augustus 2015 is die
Dick Bruna. Kunstenaar
-tentoonstelling ter viering van nijntje se sestigste verjaardag geopen.
[8]
Collage’e, prente, boeke en ander drukwerk van Bruna is naas werke van sy inspirasiebronne, waaronder
Henri Matisse
, Fernand Leger en Hendrik Werkman, vertoon. Sowel die tentoonstelling as die bybehorende katalogus was die werk van die kurator Caro Verbeek.
In Utrecht is ’n Straat na Bruna vernoem. Die Dick Brunasingel is aangele in Het Zand/De Veiling in die Leidsche Rijn.
[3]
Ook in Utrecht staan ’n standbeeld van Nijntje op die Nijntje-pleintjie aan die begin van die Van Asch van Wijkskade. Die beeld is deur Bruna se seun, Marc Bruna, gemaak.
[9]
Bruna is vereer as Kommandeur in die Orde van die Nederlandse Leeu. In 2016 het Bruna die Max Velthuijs-prys vir sy hele oeuvre ontvang.
[10]
- In 2004 het Dick Bruna op nr. 67 geeindig tydens die verkiesing van
Die grootste Nederlander
.
Werk in openbare collecties (selectie)
[
wysig
|
wysig bron
]
- Centraal Museum,
Utrecht
- Rijksmuseum Amsterdam
- ↑
1,0
1,1
Margriet Oostveen,
Dick Bruna heet eigenlijk Henk, en voelt zich vier
, NRC Handelsblad, 5 april 2003
- ↑
"Tekenaar Dick Bruna (89) oorlede"
(in Nederlands). NOS. 17 Februarie 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019
. Besoek op
24 Februarie
2017
.
- ↑
3,0
3,1
3,2
"Dick Bruna het die wereld met Nijntje verower"
(in Nederlands). NOS. 17 Februarie 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2017
. Besoek op
17 Februarie
2017
.
- ↑
4,0
4,1
Witman, Bob (17 Februarie 2017).
"Dick Bruna (1927-2017) het met Nijntje 'n wereld geskep waar geen sinisme of kwaad bestaan nie"
(in Nederlands). De Volkskrant.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2017
. Besoek op
24 Februarie
2017
.
- ↑
5,0
5,1
"Bruna se oorspronklike ateljee in Utrecht te sien"
(in Nederlands). RTV Utrecht. 17 September 2015.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 November 2017
. Besoek op
24 Februarie
2017
.
- ↑
(
en
)
Kohnstamm, Dolph (1991).
Het oog wil oog zien; gedachten bij de kinderboekjes van Dick Bruna
. Amsterdam: Mercis.
ISBN
9073991021
.
- ↑
Van Velzen, Joost (31 Julie 2014).
"Dick Bruna stop; nooit meer Nijntje"
(in Nederlands). Trouw.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2018.
- ↑
"Nijntje langs Matisse in Rijksmuseum"
(in Nederlands). NOS. 27 Augustus 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018
. Besoek op
24 Februarie
2017
.
- ↑
(
nl
)
"Nijntje-pleintjie"
. Votulastkrant. 3 Mei 2015
. Besoek op
24 Februarie
2017
.
- ↑
"Dick Bruna ontvang die Max Velthuijs-prys vir sy hele oeuvre"
(in Nederlands). NOS. 16 Maart 2016.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2019.
- Verbeek, Caro (2015).
Dick Bruna; kunstenaar
. Nai010.
ISBN
9789491714580
.
- Rutten, Celine (2011).
Gesprekken met Dick Bruna
. Atlas.
ISBN
9789045019697
.
- Linders, Koosje; Sierman; Vrooland, Truusje (2006).
Dick Bruna
. Wbooks.
ISBN
9789040091063
.
- Kohnstamm, Dolph (1991).
Het oog wil oog zien; gedachten bij de kinderboekjes van Dick Bruna
. Amsterdam: Mercis.
ISBN
9073991021
.
- Nieuwenhuijzen, Kees; Reitsma, Ella (1989).
Het paradijs in pictogram; het werk van Dick Bruna
. Van Goor.
ISBN
9789000027392
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Dick Bruna
.
|