한국   대만   중국   일본 
De Wildt - Wikipedia Gaan na inhoud

De Wildt

Koordinate : 25°37′30″S 27°56′49″O  /  25.62500°S 27.94694°O  / -25.62500; 27.94694
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
De Wildt
Nedersetting
De Wildt is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
De Wildt
De Wildt
Koordinate: 25°37′30″S 27°56′49″O  /  25.62500°S 27.94694°O  / -25.62500; 27.94694
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distriksmunisipaliteit Bojanala Platinum
Plaaslike Munisipaliteit Madibeng
Tydsone UTC+2 ( SAST )

De Wildt is 'n dorpie in die Noordwes , Suid-Afrika . Dit is 18 km oos van Brits . Die dorpie is vernoem na E de Wildt, ingenieur van die Nederlandse spoorwegmaatskappy NZASM , wat in 1905 die spoorlyn van Pretoria na Rustenburg opgemeet het.

Geskiedenis [ wysig | wysig bron ]

Op 7 Desember 1912 het generaal J.B.M. Hertzog sy toespraak hier gelewer wat regstreeks aanleiding gegee het tot die stigting van die Nasionale Party . Destyds het hy verskil van sy kollegas genls. Smuts en Botha oor die toekomstige verhouding tussen Engels- en Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners.

Trivia [ wysig | wysig bron ]

Naby De Wildt is 'n navorsingstasie oor jagluiperds waar die eerste jagluiperd ooit in gevangeskap geteel is. Margaret Roberts , internasionaal erkende kundige op die gebied van kruie , het ook 'n kruiesentrum hier gehad waar sy kruie gekweek en lesings en demonstrasies gegee het.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Bronne [ wysig | wysig bron ]