in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dante Alighieri
|
---|
|
Gebore
| Durante di Alighiero degli Alighieri
Middel Mei tot middel Junie ca. 1265
|
---|
Sterf
| 9 September 1321
|
---|
Nasionaliteit
| Italiaans
|
---|
Beroep
| Staatsman, digter, taalteoretikus
|
---|
Durante di Alighiero degli Alighieri
, beter bekend as
Dante Alighieri
of slegs
Dante
(14 Mei/13 Junie
1265
? 13/14 September
1321
), was 'n
Italiaanse
digter van
Florence
. Sy meesterstuk, die
Goddelike Komedie
(aanvanklik
Comedia
), word die beste letterkundige werk in
Italiaans
[1]
[2]
en een van die beste klassieke werke ter wereld genoem. Dit bestaan uit drie dele:
Inferno
,
Purgatorio
en
Paradiso
.
Dante is bekend daarvoor dat hy die gebruik van die omgangstaal in letterkunde gevestig het in 'n tyd toe gedigte meestal in
Latyn
geskryf is en net toeganklik vir opgevoede lesers was. Sy gebruik van die
dialek
van Florence vir werke soos
La Vita Nuova
(1295) en
Comedia
het gehelp om die moderne gestandaardiseerde Italiaans te vestig. Deur sy gedigte in die Italiaanse omgangstaal te skryf, eerder as in Latyn, het Dante letterkundige ontwikkeling beinvloed en Italiaans vir verskeie eeue die letterkundige taal van
Wes-Europa
gemaak.
[3]
Sy werk het 'n presedent geskep vir belangrike latere Italiaanse skrywers soos
Francesco Petrarca
en
Giovanni Boccaccio
.
Dante was instrumenteel in die vestiging van letterkunde in Italie en word beskou as een van die land se nasionale digters en die Weste se letterkundige ikone.
[4]
Sy beskrywings in
Inferno
,
Purgatorio
en
Paradiso
was die inspirasie vir 'n groot deel van die Westerse kuns en letterkunde.
[5]
[6]
Dante is tussen 14 Mei en 13 Junie
1265
gebore. Sy doopnaam was vermoedelik Durante. Hy is gebore in die prominente en invloedryke Alighieri-familie van Florence, wat die pouslike regte gesteun het. Om deel te neem aan die openbare lewe moes 'n burger van Florence een van die kunste bemeester ? sodoende het Dante 'n dokter geword. In die volgende paar jaar het Dante se naam gereeld na vore gekom waar hy die publiek toegespreek het of in die republiek gestem het.
Daar is nie veel bekend oor Dante se opvoeding en onderrig nie. Hy het vermoedelik tuisonderig ontvang. Wat wel bekend is, is dat Dante Toskaanse gedigte bestudeer het.
Op agtienjarige ouderdom ontmoet Dante vir
Guido Cavalcanti
,
Lapo Gianni
,
Cino da Pistoia
en
Brunetto Latini
en saam het hulle die leiers van 'n nuwe styl in die digkuns geword genaamd Dolce Stil Novo (Die soet nuwe styl). Brunetto is later in Dante se Komedie genoem (Inferno XV, 82). In later jare het Dante
filosofie
en
teologie
bestudeer.
- ↑
Bloom, Harold (1994).
The Western Canon
. Riverhead Books.
ISBN
9781573225144
.
- ↑
Shaw, Prue (2014).
Reading Dante: From Here to Eternity
. New York: Liveright Publishing Corporation. pp. Introduction.
ISBN
978-0-87140-742-9
.
- ↑
Quinones, Ricardo J. (9 Mei 2023).
"Dante Alighieri ? Biography, Poems, & Facts"
.
Britannica
.
- ↑
Matheson, Lister M. (2012).
Icons of the Middle Ages: Rulers, Writers, Rebels, and Saints
. Greenwood Pub Group. p. 244.
- ↑
Haller, Elizabeth K. (2012).
"Dante Alighieri"
. In Matheson, Lister M. (red.).
Icons of the Middle Ages: Rulers, Writers, Rebels, and Saints
. Vol. 1. Santa Barbara, CA: Greenwood. p. 244.
ISBN
978-0-313-34080-2
.
- ↑
Murray, Charles A. (2003).
Human accomplishment: the pursuit of excellence in the arts and sciences, 800 B.C. to 1950
(1st uitg.). New York: HarperCollins.
ISBN
978-0-06-019247-1
.
OCLC
52047270
.