Aristoteles
|
|
Aristoteles soos voorgestel deur Rafael in sy fresko,
Die Atheense Skool
. Aristoteles bedui af na die grond toe, om sy vertroue in die krag van empiriese ondersoek en werklike ondervinding te wys. In sy hand hou hy 'n kopie van een van sy boeke, die
Ethica Nicomachea
.
|
|
Gebore
|
384 v.C.
Stagira, Chalcidice (Chalkidiki), noordelike Griekeland
|
Oorlede
|
322 v.C.
Euboea, Griekeland
|
Nasionaliteit
|
Antieke Griekeland
|
Vakgebied
|
Biologie, dierkunde, fisika, metafisika, logika, etiek, retoriek, musiek, gedigte, teater, politiek, regering
|
Beinvloed deur
|
Parmenides
,
Sokrates
,
Plato
,
Herakleitos
,
Demokritos
|
Invloed op
|
Feitlik al die daaropvolgende Westerse filosofie, Christelike filosofie en pre-Verligting wetenskap; ook baie Islamitiese en Joodse filosofie.
|
Aristoteles
(
Grieks
: ?ριστοτ?λη?
Aristotel?s
) (Stageira,
384 v.C.
? Chalkis,
322 v.C.
) was 'n
antieke Griekse
filosoof
en
wetenskaplike
wat 'n groot invloed op Westerse denke gehad het. Hy was 'n student van
Plato
en eens 'n onderwyser vir
Aleksander die Grote
. Sy talle geskrifte fokus op onderwerpe soos die wetenskap,
politiek
,
moraliteit
en
literatuur
.
[1]
Saam met
Sokrates
en
Plato
word hy as een van die belangrikste stigtersfigure van westerse filosofie beskou. Hy het oor 'n menigte velde geskryf, onder andere
fisika
,
metafisika
,
digkuns
,
teater
,
musiek
,
logika
,
retoriek
,
politiek
,
regering
,
etiek
,
plantkunde
en
dierkunde
, en was 'n gesaghebbende figuur in al hierdie velde reg deur die antiekheid en die
middeleeue
.
In filosofie loop sy invloed nog sterk: hy was die eerste kenner om 'n omvattende stelsel van filosofie te skep, wat geloop het van metafisika deur wetenskap na praktiese filosofie, en die eerste om 'n formele studie van logika weer te gee; sy etiek is vandag nog 'n onderwerp van akademiese ondersoek. Sy metafisika was van enorme belang vir middeleeuse
teologie
en filosofie, en dra nog steeds gewig in die voorgenoemde veld, en vir die
skolastieke
tradisie in die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Aristoteles was 'n seun van die befaamde dokter Nicomachus, dokter van koning
Amintas III van Makedonie
(die grootvader van
Alexander die Grote
). Aristoteles het op 'n vroee ouderdom wees geword. Hy word opgevoed deur sy oom
Proxenus
. Op sewentienjarige leeftyd vertrek hy na
Athene
en word as leerling opgeneem in Plato se akademie, wat hy eers twintig jaar later, na
Plato
se dood in 347 v.C., finaal verlaat het.
Aristoteles kan beskou word as die eerste
homo universalis
, omdat hy bekwaam was in die totaliteit van die toenmalige bekende wetenskappe (filosofie, psigologie, politieke en sosiale wetenskappe,
wiskunde
en natuurwetenskappe, taal- en
letterkunde
en teater), wat hy sistematies en metodies ontwikkel het in 'n geslote stelsel. Aristoteles kan beskou word as stelselfilosoof. Hy voer voorts
logika
en die metodologie in as maniere om wetenskap en filosofie te bedryf.
Nadat hy op 'n paar plekke as dosent werksaam was word hy in ongeveer 342 v.C. deur koning
Philippos II van Makedonie
ontbied om as privaatonderwyser die opvoeding van die dertienjarige seun Alexander, (later 'Alexander die Grote' genoem (tot ongeveer 340 v.C.), waar te neem. Hy keer in 335 v.C. na
Athene
terug, waar hy dertien jaar lank in die
Peripatos
(wandelgang) van die Lyceum (Grieks
Lykeion
) gedoseer het. Daarom word hy as die stigter van die "
Peripatetiese skool
" geidentifiseer.
As gevolg van 'n anti-Masedoniese reaksie na die skielike dood van
Alexander die Grote
(in
323 v.C.
) word hy as samewerker beskou en aangekla van goddeloosheid. Anders as
Sokrates
verlaat hy die stad, met as motivering "dat hy die Atheners 'n tweede vergryp teen die filosofie wil spaar", verwysend na Sokrates se dood. Hy wyk uit na Chalkis, die landgoed van sy moeder.
Daar sterf hy een jaar later aan die gevolge van 'n maagkwaal op een-en-sestigjarige leeftyd. Uit sy testament blyk dit dat Aristoteles 'n sorgsame huisvader en 'n menslike meester vir sy slawe was. Enkele van sy vriende het hom sy hele lewe lank getrou gevolg.
Baie van Aristoteles se oorspronklike werke het reeds in die eerste eeu na sy dood verlore gegaan. Onder die verlore werke behoort ook sy
dialoe
, die enigste tekste wat deur homself uitgegee is. Vermoedelik het slegs ongeveer een vyfde van sy totale werke bewaar gebly. Die ? nog steeds omvattende ? bewaarde werke van Aristoteles is meestal kursusnotas en lesvoorbereidings vir eie gebruik, en was oorspronklik nie vir publikasie bestem nie.
Dit is 'n verklaring vir die onsistematiese of sketsmatige struktuur van enkele van sy bekende tekste. Boeke soos
Ethica
en
Politica
is egter voorbeelde van die teendeel. Die boeke het ' duidelike struktuur en is logies uiteengesit
. Wat opval van die
filosofie
van Aristoteles in 'n boek soos
Ethica
is die voortdurende drang om die waarheid te beskryf in plaas van ingewikkelde of gekunstelde teoriee.
Met 'n boek soos
Ethica
toon Aristoteles dat sy
filosofie
enkele honderde jare voor
Christus
reeds besonderse gevorderde insigte bevat. Insigte wat nie alleen van toepassing is op die huidige tyd nie, maar, net soos sy karakter, universeel (en tydloos) is. Aristoteles se werke word volgens tradisie in die
Latyn
getiteld en gedurende die
Middeleeue
was sy werke in die Weste slegs bekend in Latynse vertalings uit
Arabies
. Baie van sy werke was deur die Arabiese geleerde
Averroes
van
Grieks
vertaal in
Arabies
.
? Etiek: die
Ethica Nicomachea
? Logika: die
Categoriae, Analytica priora, Interpretatione, Analytica posteriora, Sofistiese weerleggings
en
Topica
? Natuurfilosofie: die
Physica, De Caelo, De Generatione et Corruptione, Meteorologica, Historia animalium, Partibus animalium, Generatione animalium, De Anima
en die
Parva naturalia
? Praktiese filosofie:
Politica, Rhetorica
en
Poetica
Die versamelde werke van die bewaarde tekste van Aristoteles is gebundel in die
Corpus aristotelicum
. (Hierby is wel nie die teks met die beskrywing van die Atheense politieke bestel opgeneem nie, wat bekend is onder die naam
Athenaion Politeia.
)
Volgens Aristoteles bestaan die werklikheid uit materie en vorm. Omdat enige voorwerp se vorm deur sy doel bepaal word, moet kennis van die voorwerp ook kennis van die doel insluit. Alle voorwerpe is in hulle doel verwant aan mekaar, en is tegelyk die vervulling van een doel en die begin van 'n ander. So is die lemoenboom byvoorbeeld die vervulling van die saad en die "geboorte" van die vrug.
Hier het Aristoteles hoofsaaklik op die siel, op die
fisika
en op diere gekonsentreer. Die natuur, volgens hom, sluit alles in wat in hulself kan verander. Elke lewende organisme is in besit van ʼn siel, wat sy vorm bepaal en elke verandering in sy lewe rig.
Volgens Aristoteles is die strewe om die doel te bereik, soos deur die vorm bepaal, baie belangrik. Enige organisme voel goed wanneer hy in sy doel geslaag het. Slegs die mens wat oor 'n rede en ʼn gewete beskik, is in staat om gelukkig te wees. Hy voel dit wanneer hy in 'n hoer doel geslaag het. Die mens se uiteindelike doel is om in die gelykenis van
God
te leef.
Logika verdeel in voor- en na-analise, wat later in ander werke saamgevat is en bekend is as die
Organon of Instrument
. Aristoteles word die vader van die logika genoem, omdat hy die eerste persoon was wat definitiewe reels met betrekking tot waardevolle en waardelose redenasie vasgele het. Volgens hom moes 'n logiese denkproses, gebaseer op sekere gegewens, tot 'n slotsom lei. Dit word ook
sillogisme
of sluitrede genoem.
Etiek en politiek was vir Aristoteles onafskeidbaar aan mekaar verbonde. Die mens is van nature 'n gemeenskapswese wat slegs as lid van 'n gemeenskap heeltemal kan ontluik. Aristoteles en sy volgelinge het die 158 Griekse konstitusies bestudeer en tot die gevolgtrekking gekom dat daar ses basiese regeringsvorms is, naamlik 'n monargie, 'n aristokrasie en 'n staatbestel waarin die mag in die hande van die middelklas is, en die vernietigende vorms van tirannie, oligargie (wanneer die mag in ʼn klein groepie bevoorregtes se hande is), en demokrasie, wanneer die mag in die hande van die massa is.
In die retorika het Aristoteles sterk klem gele op die belangrikheid van
logika
in openbare toesprake. Soos
Plato
, het hy ook geglo dat die doel van die kuns is om die mens te help om sy omgewing en sy lewe beter te verstaan.