Geskiedenis
wysig
Die eerste mens in die ruimte was
Joeri Gagarin
van die
Sowjetunie
, wat op 12 April, 1961 aan boord
Vostok 1
vir 108 minute rondom die aarde gewentel het. Die eerste vrou in die ruimte was
Valentina Teresjkova
, ook van die Sowjetunie, sy is op 16 Junie 1963 aan boord die
Vostok 6
die ruimte ingestuur en het vir byna drie dae om die Aarde gewentel.
Alan Shepard
was die eerste Amerikaner in die ruimte.