Spele van die VIe Olimpiade
|
|
Die
Olimpiese Somerspele 1916
(
Duits
:
Olympische Sommerspiele 1916
), amptelik bekend as die
Spele van die VIde Olimpiade
, sou in 1916 in
Berlyn
,
Duitsland
, gehou word. Na die uitbreek van die
Eerste Wereldoorlog
in 1914 gaan die voorbereidings normaal voort, aangesien hulle nie verwag het dat die oorlog so lank sou duur nie. Uiteindelik word die Spele tog afgelas.
[1]
Berlyn het 20 jaar later die
Olimpiese Somerspele 1936
aangebied, die laaste spele voor uitbreek van die
Tweede Wereldoorlog
.
[2]
Berlyn is op 4 Julie 1912 deur die
Internasionale Olimpiese Komitee
(IOK) in
Stockholm
as gashouer benoem.
[3]
Ander kandidaatstede was
Alexandrie
,
Amsterdam
,
Boedapest
,
Brussel
en
Cleveland
.
[4]
[5]
Vir die Olimpiese Spele is die Duitse Stadion in Grunewald, destyds in die selfstandige stad Charlottenburg, opgerig. Die bouwerk het op 10 Augustus 1912 begin
[6]
en op 8 Junie 1913 is die stadion ingewy.
[7]
Dit is in 1934 afgebreek en deur die Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele 1936 vervang.
Daar was ook planne vir 'n wintersportweek in Februarie met sportsoorte soos
ski
,
sierskaats
en
yshokkie
in die
Swartwoud
. Dit sou die voorloper van die
Olimpiese Winterspele
gewees het, wat vir die eerste keer in
1924
in
Chamonix-Mont-Blanc
,
Frankryk
, aangebied is.
Verwysings
wysig
Verdere leesstof
wysig
- (
de
)
Volker Kluge (1997).
Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 ? Berlin 1936
. Berlin: Sportverlag.
ISBN
3-328-00715-6
.
- (
de
)
Karl Lennartz (1978).
Die VI. Olympischen Spiele Berlin 1916, Dokumente
. Carl Diem Institut.
ISBN
3-88338-001-6
.
Eksterne skakels
wysig