November
is die elfde
maand
van die
jaar
in die
Gregoriaanse kalender
, met 30 dae. Die naam kom van die Latyn
novem
vir "nege" (dit was oorspronklik die negende maand van die jaar, voor
Januarie
en
Februarie
ingevoeg is).
November begin elke jaar op dieselfde dag van die week as Maart, asook Februarie behalwe in skrikkeljare.
Gebeure in November
wysig
- Allerheiligedag - 'n
Christelike
vakansiedag word op
1 November
gevier, die dag na
Halloween
. In
Swede
is Allerheiligedag 'n amptelike vakansiedag en vind dit plaas op die eerste
Saterdag
van November.
- In
Ierland
word 1 November beskou as die eerste dag van die
winter
.
- 1 November word genoem Novemberdag (
La Samhna
) in
Keltiese
tradisie en dus word dit genoem
Mi na Samhna
in die Ierse Kalender.
- Amerikaanse Federale verkiesings word gehou op die
Dinsdag
na die eerste Maandag van November in ewegetaljare. Dit val dus op tussen
2 November
en
8 November
.
- Die Amerikaners vier
Thanksgiving
op die vierde Donderdag van November.
- In
Brittanje
en
Nieu-Seeland
word
Guy Fawkes
-nag gevier op
5 November
, die herdenking van die mislukte buskruitsameswering.
Eksterne skakels
wysig