Guarneri
(
Italiaanse
uitspraak: ?war?n?ːri), dikwels na verwys in die ver
Latynse
vorm
Guarnerius
is die familienaam van 'n groep uitsonderlike vakmanne en makers van strykinstrumente wat afkomstig was van
Cremona
in
Italie
. Hulle het die
17de
en
18de
eeue geleef, en hul aansien is vergelykbaar met die van die Amati- en Stradivari-families.
Familielede
wysig
- Andrea Guarneri
(c. 1626 - 7 Desember 1698) was vanaf 1641 tot 1646 'n vakleerling in die werkswinkel van
Nicolo Amati
. Hy het van 1650 tot 1654 teruggekeer na Amati om viole te maak. Sy vroeere instrumente is oor die algemeen gebaseer op die "Grootse Amati" patroon, maar kon egter nie die sofistikasie van Amati se eie instrumente behaal nie. Andrea Guarneri het 'n aantal goeie altviole gemaak, waarvan een deur William Primrose gespeel is.
Twee van Andrea se seuns het hul vader se tradisies voortgesit:
- Pietro Giovanni Guarneri
(
Pietro da Mantova
) (18 Februarie 1655 - 26 Maart 1720) het vanaf omstreeks 1670 tot sy huwelik in 1677 in sy vader se werkswinkel gewerk. Hy was teen 1683 in
Mantua
gevestig waar hy as beide 'n musikant en vioolmaker gewerk het. Sy instrumente is oor die algemeen van 'n fyner gehalte as sy vader s'n, maar is as gevolg van sy beoefening van twee loopbane skaarser.
Joseph Szigeti
het een van sy instrumente bespeel.
- Giuseppe Giovanni Battista Guarneri
(
filius Andreae
) (25 November 1666 - 1739 of 1740). Hy was Andrea se jonger seun, en het by sy vader se besigheid in
Cremona
aangesluit, en dit in 1698 geerf. Hy word gereken as een van die grootste vioolmakers van alle tye, alhoewel hy gesukkel het om met Stradivari, 'n alomteenwoordige mededinger, te kompeteer. Vanaf omstreeks 1715 is hy bygestaan deur sy seuns, en waarskynlik Carlo Bergonzi.
Giuseppe Giovanni Battista was die vader van twee verdere instrumentmakers:
- Pietro Guarneri
(
Pietro da Venezia
) (14 April 1695 - 7 April 1762). Hy het die bestaan in Casa Guarneri ongerieflik bevind en
Cremona
in 1718 verlaat en nooit weer teruggekeer nie. Hy het hom uiteindelik in
Venesie
gevestig. Daar het hy die tegnieke van sy vader vermeng met die Venesiaanse styl. Hy het waarskynlik saam met Domenico Montagnana en Carlo Annibale Tononi gewerk. Die eerste oorspronklike instrumente uit sy Venesiaanse tyd dateer uit 1730. Sy instrumente is skaars en so wyd geprese en hooggeag as die van sy vader en oom. Een van sy
tjellos
is deur Beatrice Harrison bespeel.
- Bartolomeo Giuseppe Guarneri
(
del Gesu
) (21 Augustus 1698 - 17 Oktober 1744). Hy is al bestempel as die grootste vioolmaker van alle tye. Giuseppe is bekend as
del Gesu
("van
Jesus
") vanwee die feit dat sy etikette altyd die karakters
I.H.S.
(
iota-eta-sigma
, 'n
Griekse
afkorting
bekend as 'n
Christogram
, bevat het). Sy instrumente het beduidend afgewyk van die familietradisie, en het sy eie unieke styl versinnebeeld. Slegs die viole van Stradivari word hoer geag, terwyl sommige argumenteer dat
del Gesu
se instrumente superieur tot die Stradivari is. Die befaamde vioolvirtuoos en
komponis
Niccolo Paganini
se gunsteling instrument,
Il Cannone Guarnerius
, was 'n Guarneri del Gesu viool uit 1743. Die Lord Wilton-Guarneri del Gesu viool wat in 1742 gemaak is het aan
Yehudi Menuhin
behoort. Daar word geglo dat del Gesu se laaste werk die Ole Bull is, 'n Guarneri del Gesu viool uit 1744.
[1]
Ander 20ste eeuse 'del Gesu' spelers sluit
Arthur Grumiaux
,
Jascha Heifetz
,
Leonid Kogan
,
Kyung-Wha Chung
, Michael Rabin, Joseph Silverstein,
Isaac Stern
,
Pinchas Zukerman
, Charles Fleischman, Robert McDuffie,
Itzhak Perlman
, Midori Goto, Rachel Barton Pine,
Henryk Szeryng
, Sarah Chang, Leila Josefowicz en wyle Eugene Fodor in.
Die geskiedenis van die Guarneri familie is deels onseker. Anthony J. Guarnieri skryf, "Giuseppe del Gesu en Pieter van Venesie kon dalk neefs gewees het eerder as broers, en Pieter van Venesie kon dalk die seun van Pieter van Mantua gewees het."
[2]
"Signor Giovanni de Piccolellis het in 1885 die argiewe by die kerk van San Donato in Cremona vir inligting oor die Guarneri-familie geraadpleeg. Sy bevindinge, wat in 1886 gepubliseer is in die manuskrip getiteld "LIUTAI ANTICHI e MODERNI", wat nou aanlyn beskikbaar is in
PFD-formaat
op
Google Books
toon duidelik aan dat Joseph Guarneri 'del Gesu' die seun was van Gian Battista Guarneri: wat op sy beurt die jonger broer van Andrea Guarneri was."
[3]
[4]
Guarneri viole
wysig
Sommige van die wereld se bekendste violiste soos byvoorbeeld
Niccolo Paganini
,
Jascha Heifetz
en
Yehudi Menuhin
het Guarneri's bo Stradivari's verkies. Die gemiddelde Stradivari is sterker in die 200?Hz en 250?Hz bande en bo 1.6?kHz. Guarneri viole is ook bekend om die agtervoegsel Del Gesu, te wete
Giuseppe Guarneri
se bynaam, Del Gesu. Del Gesus is oor die algemeen sterker van 315?Hz tot en met 1.25?kHz. Hierdie verskille word waargeneem as 'n meer briljante
klank
en sterker fundamentele van die laagste note van die Stradivari, teenoor 'n donkerder klank in die del Gesus.
[5]
'n Guarneri-viool is die sentrale voorwerp in een van Andrea Camilleri se hoof
Montalbano
romans getiteld "La Voce del violino" (Die stem van die viool).
In die somer van 2010 is die ex-Vieuxtemps Guarneri del Gesu, 'n viool wat in 1741 deur Bartolomeo Giuseppe Guarneri gebou is, te koop aangebied tydens 'n veiling, met 'n aanvangsbod van $18
miljoen
, die hoogste prys wat al ooit vir 'n musikale instrument gevra is. Die viool is later vir 'n onbekende bedrag verkoop en die lewenslange gebruik daarvan is aan Anne Akiko Meyers verleen.
[6]
[7]
Verwysings
wysig
Bibliografie
wysig
- Green, Albert Wingate. Sunset in Cremona: A Fanciful Tale; Begin the Romance of Joseph Guarnerius. Ann Arbor: Edwards Bros, 1954.
- Wibberley, Leonard. Guarneri: Story of a Genius. New York: Farrar, Straus, Giroux, 1974. 'n Fiktiewe biografie van die Italiaanse vioolmaker wie se instrumente, wat tydens sy leeftyd nie gewaardeer is nie, na sy dood beskou word as van die beste wat ooit gemaak is.
ISBN 9780374328221
.
- Kilroy, Claire. Tenderwire: 'n Ierse vroulike violis gaan met twyfelagtige karakters om tydens 'n soektog in New York Stad na wat moontlik 'n Del Gesu viool mag wees.
ISBN 9780571229758
- Kaptein Jack Aubrey, die hoofkarakter in Patrick O'Brien se
Master and Commander
-reeks van historiese romans skaf 'n Guarneri-viool aan met prysgeld wat hy ter see gewen het. Dit verskyn in 'n aantal boeke in die reeks.
Eksterne skakels
wysig