Die Melbourne-krieketveld ( Engels : Melbourne Cricket Ground , kort MCG ), ook bloot bekend as " The?G ", [1] is 'n Australiese sport stadion gelee in Yarra Park, Melbourne , Victoria . Dit is die tuiste van die Melbourne Krieketklub.
Dit is die tiende grootste sportstadion ter wereld, die grootste in Australie, en die grootste in die Suidelike Halfrond , die grootste krieketstadion volgens kapasiteit, en het die hoogste spreiligtorings van enige sportplek. [2]
Die MCG is binne loopafstand van die stadsentrum?en word bedien deur die Richmond- en?Jolimont-stasies, Oos-Melbourne. Dit is deel van die Melbourne Sport- en Vermaaklikheidsgebied. Dit is tydens die Krieketwereldbeker 1992 , die Krieketwereldbeker 2015 en die T20I-wereldbeker 2022 ingespan, asook tydens die Olimpiese Somerspele 1956 en die Olimpiese Somerspele 2000 .